Die tydsberekening van die inisiasie, wat altyd in die middel van die winter was (en is), was afhanklik van die teenwoordigheid van 'n hooggeplaaste seun of kleinseun van 'n hoofman tussen die inisieerdes. Hy was die leier van die inisiasie eenheid en lewenslange leier van daardie regiment of ouderdoms groep (mphato); op hierdie manier is die mans aan die hoofmanskap verbind. ʼn Paar dae voor die bodika, word 'n meester (rabadia) en 'n adjunk-meester (moditiana) deur die hoofman se innerlike raadgewers genomineer om die seremonie te beheer en in die regte rigting te lei. Hulle het hul funksies as die gesante van die hoofman uitgevoer.
A medisyne man (thipana) is ook gekies om die besnydenis van elke inisieerder uit te voer. Hy het van buite die groep gekom om die bedreiging van toordery te verminder.
Gedurende die nag van die openingseremonie is die badikana (die geïnisieerdes van die eerste sessie) in 'n enkele ry laat staan met die leier reg voor. Agter hom, in dalende volgorde van rang, was die ander uit die koninklike kgoro gevolg deur die seuns van die volgende kgoro af tot by die seuns van die mees minderwaardige kgoro.
Die seuns moes vooroor buig en in dalende volgorde is elkeen twee harde houe deur die rabadia op hulle kaal rug gegee. Die houe volgens rang gekonsolideer vir ewig die tradisie dat status alleen deur geboorte verkry word en nie deur persoonlike bekwaamheid nie. Hierdie proses beklemtoon die funksie van inisiasie in die Pedi samelewing, beide om op te voed, en ook om kandidate binne die struktuur van die groep te posisioneer.
Voor dagbreek die volgende dag is daar op die oorlog-horing (phalafala) geblaas en op bevel van die rabadia moet die badikana na 'n rivier gaan waar hulle volgens rang besny is. Na afloop van die operasie sit die seuns in die koue water van die rivier wat gehelp het om die pyn te verdoof. Na die seuns vir die dag gerus het moes hulle in gelid volgens hulle rang stap na die mphato (inisieer eenhede). Die eenhede is uit hout pale gebou en latte is oor mekaar gevleg wat dan bedek is met gras en takke.
Dit het twee ingange wat een in die ooste insluit vir die uitsluitlike gebruik deur die mans wat beamptes by die inisiasieskool is en die ander in die weste vir die gebruik van die seuns. Die mans en seuns slaap ook afsonderlik. Elke kgoro het sy eie kaggel waar rondom die geïnisieerdes van daardie familie bymekaargekom en geslaap het. Die vure wat gebou is het groot simboliese betekenis omdat hulle aangesteek was deur 'n kooltjie uit die hoofman se vuur en vir die duur van die bodika inisiasie proses is die vuur nie toegelaat om dood te gaan nie.
Die daaglikse roetine tydens die hele bodika sessie het baie min gewissel. Die meeste van die dag is in beslag geneem deur te jag en die beoefening van handwerk vir mans, soos leer en houtwerk. Vroegoggend en laatmiddag is gewy aan formele onderrig en die sing van inisiasie liedjies.
Die badikana leer van die manlike eienskappe van moed en uithouvermoë, gehoorsaamheid aan hulle vaders met 'n groot mate van beklemtoning op die onderdanigheid aan en respek wat hulle teenoor die Hoofman moet wys. Tradisionele leersaamhede en formules (wat geskiedenis, rituele en reëls insluit) moet met behulp van argaïese taal uit die kop geleer word. Dwarsdeur is die seuns onderworpe aan toetse van uithouvermoë, insluitend daaglikse slae. Dissipline is streng toegepas en stertes tydens inisiasie was nie onbekend nie.
Die lede van die bodika het bestaan uit 'n ouderdoms groep wat, kort voor die einde van die bodika, 'n naam ontvang het. Hierdie groep het ʼn militêre funksie gehad en was onder die bevel van die Kgosana ya mphato. Die lede se ouderdom is gemeet deur te verwys na hierdie regiment naam, en om hulself te onderskei in ouderdom van die lede van ander geïnisieerde regimente. Sodra die benamings proses afgehandel is, is die groep in kennis gestel van die datum waarop die bodika sou eindig, en kos is voorberei vir 'n groot maaltyd om die tuiskoms van die geïnisieerde te vier.
Op die laaste oggend, is die geïnisieerdes se wit kleur waarmee hulle deur die hele proses versier is afgewas. Elke pa sny sy seun se hare en gee hom 'n nuwe lende doek in erkenning van sy nuutgewonne manlikheid. Die seuns se liggame is dan met 'n mengsel van vet en rooi oker gesmeer. Op hierdie stadium is hulle bekend as dialoga (oorlewendes). Hulle is in ʼn ry laat staan en seremonieel vir die laaste keer geslaan. Hierna het hulle weggestap sonder om terug te kyk terwyl die rabadia hul mphato aan die brand gesteek het.
Sowat twee jaar later is die bogwera inisiasie sessie belê. In vorm, is dit byna identies aan die bodika behalwe dat dit minder formeel is en slegs sowat 'n maand geduur het. Tydens hierdie sessie is geïnisieerdes in die manlike samelewing opgeneem wat hulle in staat gestel het om die verantwoordelikhede van die mans te vervul. Die bogwera het ook die bande van broederskap wat geskep is deur die lidmaatskap van die regimente verstewig.
Lewenslange bande van solidariteit en samewerking is geskep tydens die bogwera. Met die aanvang van werk migrasie het hierdie bande die basis van groepe gevorm; banna ba gagesu - wat mekaar gehelp het om akkommodasie en werk in die stad te vind, die liggame van gestorwenes te repatrieer, en mekaar op die hoogte van sake wat op die platteland plaasgevind het gehou het, terwyl hulle in die stad aan die werk was.
Die stadiums van manlike groei en ontwikkeling in die tradisionele gemeenskappe is duidelik gedefinieer en vereis die vervulling van deurgangsrites. Hierdie fases kan opgesom word as: baba (lesea); seun (mosemane); jeug (leSoboro); besnyde jeug (modikana); lid van 'n kort oorgangstydperk (sealoga); geïnisieerde (leagola); geïnisieerde wat die bogwera (legwere) ondergaan; en uiteindelik volwasse man (Monna).
Translated by Wilma Koeppen