Cape Gannet
Witmalgas

© Roger de la Harpe
Cape Gannet.

Naam

Witmalgas (Morus capensis - voorheen Sula capensis)

Familie

Sulidae

Lengte

84 – 94 cm

Habitat

Die witmalgas broei op die eilande van die Namibiese en Suid Afrikaanse kus met die grootste kolonie wat op Malgas eiland voorkom.

Migrasie

Jong voëls wat vanaf Desember tot Mei gesien word migreer gedurende die wintermaande tot by die oos- en weskus.

Roep

’n Harde hees “karra-karra-karra”

Voortplanting

Die enkele eier word op die voëls se voete geïnkubeer. Dit is aanvanklik blouwit, maar is later vuil en bedek in ghwano.

Voorkoms

Die volwasse witmalgas is ’n onmiskenbare groot swart en wit seevoël met ’n geel kop en agternek, kenmerkende swart lyne op die snawel en gesig en ’n lang swart lyn onder die keel. Dit is ’n groot wit voël met lang vlerke, heeltemal gewebde pote en ’n spits snawel. Die neusgate is nie sigbaar nie en die stertvere is nie so styf soos by kormorante en pelikane nie.
Onvolwasse voel: Aanvanklik heeltemal donker, oraloor gevlek en gespikkel op die lyf, kop en nek en word later in daardie volgorde wit.

Bewaringstatus

Die witmalgas kom algemeen en volop voor.

Verspreiding

Die witmalgas is ’n algemene spesie wat dwarsdeur die jaar aan die weste- en suidelike kus voorkom. Dwarsdeur die jaar in kuswaters tot so ver as 160 km van die kuslyn af gevind.