Butterflyfish

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Vlindervis

Alias

Geen

Wetenskaplike Naam

Chaetodontidae

Grootte

Tot 25 cm

Identifikasie

Ovaal, lateral afgeplat. Aaneenlopende rugvin. Stertvin is gerond of kort (stomp). Snoet is konkaaf en verleng met klein, borseltjietande. Baie opvallende kleure. Sommige met strepe en lyne. Die meeste met ‘n donker band oor die oë.

Algemene Inligting

Die Chaetodontidae familie bestaan uit 10 genera en 114 spesies. ‘n Baie algemene en kenmerkende spesies op die meeste koraalriwwe. Vreet gedurende die dag. Lê lang afstande af op soek na kos. Verkleur dikwels vaal in die aand. Sommige vorm skole, maar die meeste bly in pare. Pelagiese broeiers.

Voeding

Voed op koraalpoliepe, klein skaaldiertjies, viseiers en alge. Ander is spesialiste of leef slegs van plankton. Sommige jonges tree op as ‘skoonmakers’ van ander visse deur parasiete van hulle aft e vreet.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Goue vlindervis
Chaetodon semilarvatus
Raccoon vlindervis
Chaetodon fasciatus
Coachman
Heniochus acumnatus