Boerdery met Ornamentele Vis in Suid-Afrika

© BROMLEYS Aquatic Specialists

In Suid-Afrika word boerdey met ornamentele vis beskou as die 'Aspoestertjie' of arm familielid van eetvis akwakultuur en kenners voorspel dat dit nie gou sal verander nie.

Baie kleinskaalse boerderye van ornamentele vis en een grootskaalse boerdery het gekom en gegaan oor die jare maar geen kommersiële boerdery van ornamentele vis bestaan in Suid-Afrika nie. Daar is baie redes hiervoor, waarvan die vernaamste kostes en kwaliteit is.

Hierdie ornamentele visspesies word aangehou vir hul skoonheid en nie omdat hulle geëet kan word nie en is as sulks ‘n luukse item. Waar daar min geld vir iets anders as die allernoodsaakliste in die lewe is, is ornamentele vis nie op die inkopielys nie.

Die Mark vir Ornamentele Vis

Middelklas inkomsteverdieners en besighede wat vertoonvistenks het is die hoofmarkte vir die meeste ornamentele vis. In gegoede en goed-georganiseerde gemeenskappe lei spesialisering in die aanhou van ornamentele vis tot stokperdjievisboere wat dikwels groot bedrae geld op vistenks en toerusting spandeer, selfs tot so ‘n mate dat hele kelders gevul word met vistenks.

Duitsland en Holland is voorbeelde van lande waar die stokperdjie van ornamentele visbedryf genoeg ontwikkel is om invoere, verspreiding en dienste op beide die lewendehawe en toerustingvlakke te dra. Hierdie lande het ornamentele visverenigings en groepe wat bymekaarkom, gereelde publikasie die lig laat sien en selfs besoeke reël aan die lande waar die vis vandaan kom wat hulle aanhou. Die Malawi-meer en die Amasone-rivier is gewilde bestemmings.

Suid-Afrika is ver hiervandaan. Die ornamentele visbedryf het in die 1990’s ‘n piek bereik en nog nie weer daarna nie. Dis deels toe te skryf aan die afneem van die Suid-Afrikaanse ekonomie, en deels aan die toename in die belangsteling in die Internet wat die stokperdjie van visse aanhou vervang het met sosiale media en elektroniese toestelle, veral onder die jeug.

Produksie van Ornamentele Vis

Boer met en grootmaak van ornamentele vis is nie maklik nie, omdat dit hoë-kwaliteit vis vereis. Ornamentele vis word in massas geproduseer in die Verre Ooste, met lande soos Singapoer, Taiwan, Japan en ook Israel onder die leiers. Suid-Afrika voer ongeveer 95% van alle lewende vis uit hierdie streke in.

Daar is baie rolsplers – Singapoer het meer as 400 visplase – dus is kompetisie heftig en die voorraad moet voldoende en goed-georganiseerd wees. Die meeste plase versprei deur goed-georganiseerde koöperasies wat in grootmaat verkoop namens ‘n menigte kleinskaalse verskaffers. Die meeste van hulle is famiie-besighede wat slegs een of twee spesies produseer. Vis word per lug versprei na markte oor die hele wêreld heen.

Die kwaliteit en verskeidenheid ornamentele visspesies is indrukwekkend. Nuwe ‘spesies’, bloedlyne en kleurvorms word aanhoudend geproduseer, wat die wêreldwye mark gestimuleer hou. Sommige spesies word as fratse en modegiere beskou soos die stokperdjievisboermark gedurig iets nuuts verlang.

Translated by Elna Van Rhyn