Daar was al etlike pogings om met babers te boer in Suid-Afrika in die verlede, waarvan geeneen suksesvol was nie. Elkeen van hierdie plase het gefokus op die tegniese sy van die besigheid en was susksesvol wat betref die teel en grootmaak van babers, maar hulle was nie in staat om genoeg van die produk te verkoop om ekonomies volhoubaar te raak nie.
‘n Baberboerdery van Graaff-Reinet het begin met die ontwikkeling van waarde-toegevoegde produkte en om kopers daarvoor te kry en hulle glo die gebrek-aan-‘n-mark slaggat kan vermy word.
Weens die vaardigheids- en kapitaalintensiewe aard van akwakultuur, is dit moeilik vir gemeenskappe en individue wat een van die twee of selfs beide kort om tot die visboerderybedryf toe te tree.
Dit word dus aanbeveel dat akwakultuur vir opheffing die beste geskik is as ‘n ‘satelliet groeiprogram’. Die kompleksiteit van die baberbroeifase maak hulle besonder geskik vir die ‘satellietmodel’. ‘n Sentrale eenheid (hub) behoort te sorg vir die vaardigheidsintensiewe aktiwiteite soos die broeiery, massa aankope, prosessering van vis, verkope, opleidings- en uitbreidingsdienste, terwyl ‘n aantal satelliete elk vingerlinge by die sentrale eenheid aankoop, die vis grootmaak in ooreenstemming met die opleiding wat verskaf is, tesame met die uitbreidingsdiens se advies. Hierdie satelliete sal dan uitendelik die lewende, markgereed-grootte vis terug verkoop aan die sentrale eenheid.
Op hierdie wyse kan die sentrale eenheid (hub) privaatbefonds wees, terwyl die satellieteenhede, indien nodig, befonds word deur regeringstoelaes of sagte lenings, ‘n lening met ‘n lae rentekoers. Hierdie sisteem is reeds in gebruik vir ander akwakultuurspesies (mossels, koi) maar nog nie met babers nie. Hierin lê die geleenthede.
Translated by Elna Van Rhyn