Swak grondbewaringspraktyke en ontbossing lei tot massiewe gronderosie en grondagteruitgang. Voeg hierby ie verwoestende gevolge van 'n droogte se beskikbare grondwater en die resultate is onproduktiewe plase, boere wat hulle plase verlaat, voedselproduksie wat afneem en armoede.
Reënwateropgaringstegnieke het vroeë beskawings ondersteun so 3000 jaar gelede. Vandag, is reënwateropgaringstegnieke 'n volhoubare praktyk wat gebruik word deur beide klein produsente en kommersiële boere. Waterbewaring is noodsaaklik om water te verseker vir toekomstige gebruik, en die voldoende hulpbronne vir die uitbreiding van boerdery.
Reënwater opgaringstegniek is wanneer reënwater opgegaar word om gebruik te word vir plaas en huishou doeleindes. Metodes van reënwater oes sluit afleiding, om te versamel, en die stoor van afloopwater in. Water kan by natuurlike dreineringsplekke gekollekteer word soos kontoere en strome, uit die grond oppervlaktes en vanaf dakke van geboue. Dan kan dit gestoor word in emmers, tenks of damme. Dikwels word reënwater gelei na vlak damme waar dit gebruik word vir besproeiing, maar dit word ook toegelaat om deur te dring in die grond om die grondwater te herlaai. Grondwater voorsien water aan spruite en boorgate.
Waterbewaring is die beskerming, ontwikkeling en doeltreffende bestuur van water. In besproeiing vereis waterbewaring dat soveel water as moontlik die grond moet infiltreer om verdamping en afloop te verminder.
Voorbeelde van waterbewaring sluit die volgende in:
Herwin water en hergebruik water - soos die gebruik van waswater om groente nat te maak.
Besproei gewasse op sinvolle maniere - water minder dikwels, maar meer deeglik en nie gedurende die hitte van die dag nie.
Maak lekkende krane en pype reg.
Groei inheemse plante en gewasse wat geskik is vir die plaaslike klimaat en omgewing.
Wat is die verband tussen grond en water?
Grond is die grootste opgaartenk van water, en goeie grondstruktuur sal help met die effektiewe berging van water. Die tempo van absorpsie van water in die grond hang af van faktore soos die tipe grond, gewasse wat geplant is in die grond, die grondstruktuur en die helling van die grond.
Wanneer water in die grond geberg word, sal die wortels van gewasse in staat wees om toegang te kry tot hierdie opgaartenk van water. Daarom is grondbewaring so belangrik om 'n vrugbare basis vir aanplantings te skep asook om 'n water opgaarstenk vir die plante te voorsien. Grondbewaring kan ook gedoen word deur die grond met 'n deklaag soos die oesreste te dek. Dit verhoog waterinfiltrasie en verlaag grondtemperature en sodoende verminder dit verdamping.
Nog voorbeelde van grond bewarings tegnieke sluit in nie-bewerking of minimum bewerking, bak bewerking, die gebruik van groen mis en plant dekgewasse. Bak bewerking is die losmaak van die grond in 'n klein kommetjie of vlak dam wat geskep is aan die voorkant van 'n rant op 'n helling. Water versamel in die kommetjie tydens reënval wat makliker geabsorbeer wanneer die grond losgemaak is.
Insameling van reënwater het baie voordele. Wanneer die opgaring van reënwater op 'n helling of heuwel geskied, kan dit gronderosie veroorsaak deur die water wat afloop na swaar reën. Reënwateropgarings strukture is maklik om te bou, vereis nie duur materiaal nie en die onderhoud daarvan is laag.
Die opgaring van reënwater verminder die tyd wat jy benodig om water in te samel van waterpunte en riviere en kan help dat 'n huishouding onafhanklik van water word, veral wanneer die opgaring van reënwater vanaf 'n dak afkomstig is.
Translated by Wilma Koeppen