Akkerbone

© Michris janse van Rensburg
Swartbekboontjies is inheems aan Suid-Afrika en word aangegeplant vir menslike gebruik sowel as dierevoer. Die sade, peule en blare word oor die algemeen deur mense geëet. Swartbekboontjies is bekend as cowpeas (Engels), dinawe (Ndebele), dinaba (Shangaan), imbumba (Zulu), manwa of nawa (Pedi) en dinawa (Tswana).
Swartbekboontjies kan regop groei en rank (soos Dr Saunders), of horisontaal op die grond rank (soos Bechuana White), afhangende van die variëteit. Die regopgoeiende rankers is meer geskik as weiding of as dekgewas. Swartbekboontjies kan as ‘n tussentydse gewas geplant word of in rotasie en is droogtebestand. Dit is ‘n proteïenryke boontjiegewas wat stikstof in die grond laat, so dit bevoordeel die daaropvolgende gewasse wat geplant word.
Daar word geskat dat die jaarlikse swartbekboontjie oes ongeveer 12,5 miljoen ha beslaan, waarvan die totale graanproduksie (vir voedsel) 3 miljoen ton is. Wes en Sentraal-Afrika is die wêreldleiers in swartbekboontjieproduksie en produseer 64% van die geskatte 3 miljoen ton swartbekboontjiesaad. Nigerië is die wêreld se voorstaande swartbekboontjieprodusent, gevolg deur Brasilië. In Australië en Asië word swartbekboontjies hoofsaaklik as weiding geplant, maar ook as dekgewas of as groenbemesting om die grond met stikstof en stikstofhoudende mikrobes te verryk.

Eet van Swartbekboontjies

Swartbekboontjies kan gekook word, of gestoom nadat dit oornag geweek is. Daarna word dit saam met ander groente gekook om ‘n dik sop te maak, of dit word gemaal vir meel of pasta. Vars, groen peule kan gekook word as ‘n groente.
Die blare en goeipunte kan gepluk word en as ‘n groente soortgelyk aan spinasie gebruik, maar kan ook gedroog en as ‘n proteïen-vervanger gebruik word.
Die groen sade word soms gerooster soos grondboontjies, gemaal en as plaasvervanger vir koffie gebruik. Die gemaalde sade word dikwels gemeng met uie en speserye en in olie gebraai.
In die Limpopo en Mpumalanga provinsies word swartbekboontjieblare vars gepluk as ‘n groente vir die maak van sop of gedroog vir latere gebruik.
Swartbekboontjies is hoog in yster (Fe), kalium (K), vitamiene B9, en proteïene (tot 24%), en is veselryk, laag in vet en hoog in verskeie aminosure.

Swartbekboontjies as Dierevoer

Swartbekboontjies word ook aangeplant as dierevoer – soos hooiproduksie en kuilvoer. Kuilvoer is gepreserveerde dierevoer, ideaal vir droogtetye. Swartbekboontjiekuilvoer word gemaak deur swartbekboontjieblare te meng met die groen blare van mielies of sorghum en dan die groen materiaal te kompakteer deur dit met plastiek te bedek en vas te pak sodat dit lugdig is. Dit word dan gelaat om te fermenteer/gis.
Swartbekboontjies kan goeie hoeveelhede hoë kwaliteit droë materiaal lewer. Onder droëlandtoestande lewer swartbekboontjies 2 tot 3 ton droë materiaal per ha, maar tot 8 ton droë materiaal per ha is al in besproeide areas aangeteken. Die beste voedingswaarde vir diere word verkry wanneer swarbekboontjies tussen mielies geplant word.
Die dele van die plant wat bo die grond groei (behalwe die peule) word as dierevoer gebruik. Plaaslike boere wat swartbekboontjies afsny en berg gedurende die droë seisoen kan tot 25% van hul jaarlikse inkomste vedien deur dit as dierevoer te verkoop.Translated by Elna Van Rhyn