Aankoop van Jong Visse

© Henk Stander
Die aankoop van goeie kwaliteit jong visse (vingerlinge) is ‘n belangrike aspek van susesvolle varswatervisboerdery. Koop by behoorlik bestuurde broeierye, vind uit by ander boere en maak seker dat jy gesonde vis aankoop. Die volgende punte is riglyne:
Stel vooraf vas wat die aankoopprys is en vergelyk met ander verskaffers van vis.
Inspekteer die algemene voorkoms van die vis, aantal inividue, algemene grootte en ouderdom.
Maak seker alle weeg en berekeninge word korrek gedoen want jy sal die verskaffer per kilogram betaal. Die totale massa en aantal visse is belangrik vir die beraming van toekomstige groei en berekening van voedselomsettingsratio (FCR).
Die FCR is die eenhede voedsel wat nodig is om ‘n eenheid visvleis te produseer.

Monitor ‘n monster van 100 tot 200 vis vir ongeveer ‘n week lank. As geen negatiewe respons opgemerk word nie, kan die res van die vis bygevoeg word. Hierdie prosedure sal help om die waterkwaliteit van jou dam te evalueer en die risiko om vis te verloor wanneer die dam vol vis is, minimaliseer.

Kom ooreen met die verskaffer oor die wyse en terme van betaling.

Vervoer van Vis na Uitgroeidamme

Berei die nodige toerusting voor en berei ook die vis voor vir vervoer. Kostante monitering gedurende vervoer is baie belangrik om die welsyn van die vis te verseker en om seker te maak dat die vis in ‘n goeie kondisie arriveer. Let op na die volgende:

‘n Permit van die amptelike natuurbewaringskantoor in jou provinsie word vereis vir die vervoer van vis. Dit moet ten minste 14 dae voor die tyd verkry word, adviseer Henk Stander, hoof tegniese bestuurder van Aquaculture: Department of Animal Sciences by die Stellenbosch Universiteit.

Maak s’n paar dae voor die tyd seker van die weervoorspellings. In warmer weer is bykomende sorg nodig tydens die vervoer van vis.

Laat weet die broeiery ten minste drie dae voor die tyd sodat jy goed gekondisioneerde vingerlinge kry waarmee jy jou dam kan volmaak.
Vingerlinge moet reeds gekondisoneer wees voordat hulle vervoer word. Dit beteken dat hulle nie gevoer is vir ten minste 24 – 48 uur nie. Dit maak dit moontlik vir die broeiery om die visse uit te soek wat in die beste kondisie is.

Vervoertoerusting kan gehuur word by kommersiële boere. Maak seker jy het ‘n ekstra suurstoftenk vir ‘n noodgeval en dat alle toerusting in goeie, werkende toestand is. Suurstoftenks kan gehuur word by kommersiële boere of van gasverskaffers soos Afrox.

Laai die vervoertenks volgens aanbevole digthede: 1.0 – 1.2 kg vis per 10 liter water.
Bepaal die suurstofvlakke en die kondisie van die visse in die tenks nadat dit gelaai is en net voor die vertrek. Maak seker dat die suurstofpype nie toegedruk word deur die swaar tenks nie; 1000 liter water weeg ‘n ton!

Inspekteer die tenks elke 20 – 30 minute gedurende die vervoer. Die visse moet energiek wees en rondbeweeg met gemak. Maak seker die suurstofvlakke en die watertemperatuur is binne perke. As die visse moeg voorkom, of op die oppervlakte hap na lug, mag die suurstofvlakke laag wees en meer suurstof moet in die water vrygestel word.

Die bestuurder van die vervoerwa moet seker maak dat die banddruk korrek is en moet te alle tye versigtig bestuur.

Met die aankoms by jou dam moet jy probeer om ‘n balans te handhaaf tussen die vervoertenkwater en die water van die dam in terme van temeperatuur en chemiese samestelling, deur 50% van die tenkwater met damwater te vermeng. Moenie die vise direk in die damme gooi nie. Laat hulle eers akklimatiseer vir ‘n paar uur voordat jy hulle geleidelik in die dam vrylaat; in die middel van die voormiddag of laat namiddag is die beste tyd.

Nadat die dam vol vis gemaak is, wag ten minste 12 uur voordat jy hulle vir die eerste keer kos gee en moniteer hulle baie noukeurig vir die volgende 24 – 48 uur.

Translated by Elna Van Rhyn