Robbeneiland Word Internasionaal Bekend

Net ’n Bootrit Ver

©Roger de la Harpe
Die amptelike toer duur drie tot vier ure insluitend die veerboot rit. Jy sal ’n interaksie met ’n eks-gevangene hê en op ’n bustoer gaan wat jou die volgende wys: die huis waar Robert Sobukwe (leier van die PAC) gevange gehou is, die kalksteengroef, Tweede Wêreldoorlog besienswaardighede en die maksimum-sekuriteit gevangenis. Die toer wys jou Nelson Mandela se tronksel, maar ook die wilde, westelike kus met sy pikkewyn kolonies en Tweede Wêreldoorlog-geskutstand.

Embleem van Vryheid en Persoonlike Bevryding

©Roger de la Harpe
Vir byna 400 jaar was Robbeneiland, 12 kilometer buite Kaapstad, ’n plek van ballingskap. Dit was hierheen waar diegene wat beskou is as politieke moeilikheidmakers en sosiaal uitgeworpenes gestuur is. In die apartheidsjare het Robbeneiland internasionaal bekend geword as die plek waar Nelson Mandela en die ANC-elite gevange gehou is.
Baie politieke gevangenes het egter daarin geslaag om die plek in ’n embleem van vryheid en persoonlike bevryding te verander. Robbeneiland het die simbool geword van die mens se oorwinning oor swaarkry en teenspoed.

Translated by Ananda Schoeman