Puff Adder
Pofadder

© Nigel J Dennis

Naam

Pofadder [Bitis arietans]

Klas

Reptilia

Orde

Squamata

Familie

Viperidae

Subspesies

Gewone pofadder [B.a.arietans], Somaliese pofadder [B.a. somalica].

Lengte V

1 100 mm

Lengte M

1 090 mm

Beskrywing

Hierdie dik, swaargeboude slang het ‘n groot, afgeplatte, driehoekige kop en groot neusgate wat regop boontoe wys. Die lyf is geelbruin to ligbruin, met swart, ligomlynde chevrons op die rug en bande op die stert.

Verspreiding

Dwarsdeur Afrika suid van die Sahara, en noordwaarts deur die hele Afrika tot in suidelike Arabië.

Voortplanting

Groot broeisels van 20 tot 40 kleintjies word gewoonlik in die laat somer gebore.

Gif

Sitotoksies

Dieet

Knaagdiere, soms voëls en selfs ander slange.

Veldaantekeninge

Die pofadder is verantwoordelik vir meer byte en sterftes as enige ander slang in Afrika weens sy gewoonte om nie weg te beweeg van aankomende voetstappe nie, maar slegs sy kenmerkende sisgeluid te maak as waarskuwing