Mountain Ground Squirrel
Bergwaaierstertgrondeekhoring

© Marinda Louw

Naam

Bergwaaierstertgrondeekhoring [Xerus Princeps]

Voorkoms

Die Bergwaaierstertgrondeekhoring is voorheen beskou as 'n subspesie van die Waaierstertgrondeekhoring, maar is sedertdien as 'n spesie in eie reg erken. Dit is groter as die Waaierstertgrondeekhoring, en weeg 1,4 kg. Sy stert en agterpote is ook langer as sy susterspesies. Die boonste dele van die lyf is helder ligbruin, met 'n laterale wit streep aan weerskante van die bors.

Die wit onderkant, en die kenmerkende bosagtige stert toon drie swart bande, in teenstelling met die twee van die Waaierstertgrondeekhoring. Die tande lyk oranje in kleur eerder as wit. Die liggaamshare lyk ook fyner as sy naaste familielid.

Dieet

Hoëgehalte-kosse, soos bolle, wortels en groenspruitplante, asook Acacia sade, word geeet. Soms sal hulle twee meter hoog in bosse opklim om groen blare, bessies en mopane plantluise te eet.

Teling

Hulle gee 'n gemiddeld van drie jongelinge per werpsel na 'n dragtigheids periode van 48 dae, gewoonlik gedurende die middel van die somer, alhoewel hulle hul broeiperiode tot in die winter kan verleng.

Sosiale Gedrag

Dié spesie kom sien mens daagliks en maak hul verskyning uit hul gate lank na die sonpopkoms. As 'n aanpasbare maatstaf vir sy moeilike omgewing, kom hulle slegs in klein groepe voor, soms net in pare. Enkele gate word teen rotsagtige hange gebou. Hierdie eenvoudige gate, veel minder ingewikkeld as dié van die Waaierstertgrondeekhoring, het net een neskamer. Hulle maak gebruik van verblyf areas van tot 40 hektaar, waarin hulle op plantegroei voed.

Habitat

Die Bergwaaierstertgrondeekhoring verkies dorre omgewings.

Waar Hulle Gevind Word

Versprei deur Angola, Namibië vanaf die Visrivier, Bergkloof noordwaarts, na die westelike platorand van Namibië tot by die Kaokoveld. Hulle kom ook voor in 'n klein area in die verre Noord-Kaapse provinsie wat aan Namibië grens.