Hoe om ’n Organiese Groentetuin te Begin

© Marinda Louw
Mix crops to limit bug infestation and to improve soils.
Grond is die belangrikste faktor in organiese landbou. Voordat jy ’n groentetuin begin is dit nodig om die grond te verbeter deur organiese materiaal by te voeg. Organiese materiaal help om die grond langer vogtig te hou en vir beter dreinering. Die wortelstelsels is dieper en ontwikkel beter wat gesonder plante tot gevolg het. Organiese materiaal en die beter penetrasie van die wortels lok erdwurms wat help met die ontbinding van organiese materiaal wat tot die grondvrugbaarheid bydra. Deurlugte grond verskaf meer suurstof aan die wortels wat tot beter groei bydra.
Verbode materiaal in organiese boerdery sluit swamdoders of produkte wat swamme in saad vernietig in.
In Suid Afrika word alle kommersiële saad behandel met swamdoders om siektes en swaminfeksies in saailinge te bestry. Die behandeling is om die saad teen die bakterieë en swamme in die grond te beskerm. Tradisionele of inheemse saad moet gebruik word. Indien dit nie beskikbaar is nie moet oop bestuifde saad gebruik word. Geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) word nie in organiese landbou toegelaat nie. Die organiese produsent moet ’n sertifikaat van die verskaffer kry wat verklaar dat geen GMO-saad gesaai word nie. Dit is ook van toepassing op saailinge en steggies.

Voorbereiding van die saadbedding

©Eric Miller
Spier Wine Estate outside Cape Town. Women working on an organic agricultural project that is part of the wine farms programs.
Voordat jy die beddings vir jou groentetuin grawe, moet jy vir ’n paar weke lank jou tuin- en kombuisafval bêre. Gooi dit op ’n komposhoop om te ontbind totdat daar genoeg is. Dit word dan in lae met die grond in jou saadbedding gemeng. Die saadbedding moet nie groter as ’n deur wees nie. Maak seker dat die bo-grond (donkerder) en onder-grond geskei word; gebruik die bogrond om die die laaste deel van die saadbedding op te vul. Sommige boere mag ’n groter area hê en wil daarom meer groente plant om te verkoop. Hulle kan ’n paar beddings maak, of die beddings kan langer as 2 m wees, maar dit moet nooit wyer as 1 m wees nie.
Smaller beddings is makliker om nat te maak. Dit is makliker om plante vir plae en siektes te ondersoek en onkruid te verwyder. Plante kan makliker en doeltreffender teen diere en voëls beskerm word. Die verdigting van die grond kan voorkom word as dit onmoontlik is om in die bedding rond te loop.

Translated by Ananda Schoeman