Eiervrug

© Louise Brodie
Wetenskaplike naam: Solanum melongena

Plant Beskrywing

Eiervrug is ’n plant met dowwe groen, groot en effens wollerige blare wat omtrent 1 m hoog word. Voordat die plant begin vrugte dra is die blomme ligpers. Die vrugte is donkerpers tot swart en sommige variëteite is wit, vandaar die naam eiervrug aangesien dit ovaal vormig soos ’n eier is.

Gebruike

Eiervrug word gerooster, gestop, gebraai en op sosaties geryg. Dit word ook in sop, bredie, kerrie en roerbraai gebruik.

Grondvereistes en Voorbereiding

Eiervrug gedy in sanderige leemgrond met ’n goeie dreinering en ’n pH van 5.5 – 6.5. Gedurende die grondvoorbereiding moet daar genoeg organiese materiaal in die boonste 40 cm ingewerk werk omdat die meeste wortels hier ontwikkel.

Voor kompos toegedien word moet die area geploeg en die grond tot ’n diepte van ongeveer 100 cm losgemaak word. Sommige eiervrug se wortels groei tot meer as een meter lank.

Die area moet deeglik bewerk word om te verseker dat die oppervlak skoon en gelyk is. Sommige produsente plant eiervrug vir beter dreinering in swaarder grondtipes in beddings wat opgeërd is.

Klimaat

Eiervrug is ’n warm klimaat plant en gedy in subtropiese en tropiese gebiede. Dit groei ook in die warm Mediterreense gebiede. Dit is sensitief vir ryp en die groei en ontwikkeling word vertraag by temperature laer as 16°C.

Dit groei ook nie goed in temperature bo 35°C nie. Die beste resultate word verkry as eiervrug in gebiede geplant word waar die dag en nag temperature tussen 18°C en 28°C wissel.

Kultivars

Black King, Black Beauty, Florida Market, Long Purple, Imperial en Little Fingers.Translated by Ananda Schoeman