Druiwe Peste - Snuitkewers

© Prof Piet Goussard Winetech

Die mees algemene kalander of snuitkewer by wyndruiwe is gebande vrugtekalander (Phlyctinus callosus). Die insek val ogies, blare, lote en trosse aan en vreet gate in die blaar en lote.

Later in die seisoen kan selfs trosse aangeval word. Monitor die wingerde vroeg in die seisoen gereeld vir moontlike skade of die voorkoms van kalanders. Aangesien snuitkewers vanuit die grond teen die stok se stam op beweeg, word ’n lootjie dikwels laag af teen die stam gelos om as vroeë waarskuwing van vreetskade te dien.

©Prof Piet Goussard Winetech

Snuitkewers kom die hele jaar op wingerd voor, maar verlaat die stok sodra die blare geval om op ‘n onkruid soos smal weëblaar - ‘n gesogte gasheerplant - te teer. Enige bestryding van snuitkewers moet volgens IPW se regulasies geskeid. Die skema beveel byvoorbeeld nie aan dekbespuitings met sistemiese piretroïede gedoen word nie.

Dié middels het ‘n baie breë spektrum wat skadelik is vir sommige van wingerdplae se natuurlike vynade. Dit kan ook tot die uitbreek van sekondêre plae soos rooispinmyte. ‘n Studie het bewys dat klewerige sperbande uitstekende kort en langtermyn beheer van twee snuitkewer spesies tot gevolg het.

Translated by Marinda Louw