Druiwe Peste - Slakke en Krompokkels

Slakke

©Abraham Vermeulen ARC Infruitec

Verskillende slakke kom in die Wes-Kaap voor byvoorbeeld bruin tuinslak, naakslak en duinslak. Slakke beweeg teen die wingerdstok se stam op en beskadig botsels, jong groei en gate word in die blare gevreet. Wingerde moet gereeld gemonitor word om besmetting te bepaal.

Chemiese beheer kan met behulp van lokaas plaasvind wat onder klam toestande toegepas word en eende word as biologies beheer aangewend. Beheer dekgewasse en onkruid en plant ‘n dekgewas wat nie vir slakke aantrekllik is nie. Gee aandag aan broeiplekke van slakke buite die wingerd, byvoorbeeld langs waterslote.

Krompokkels

©Marce Doubelle

Krompokkels is kriekagtige vlieënde insekte wat wingerde ernstig beskadig. Simptome van krompokkels besmetting is gate in die blare. Inteenstelling met snuitkewers wat wingerdblare van die blaarrand af vreet, veroorsaak krompokkels gate op enige plek in die blaar. Klimaat is waarskynlik ‘n bydraende faktor tot die voorkoms van krompokkels: warm, droë winter bevoordeel die uitbroei van eiers.

Daar is geen geregistreerde chemiese spuitstowwe teen krompokkels nie, maar kontakdoders vir snuitkekwers mag ook wel krompokkels beperk. Daar word tans studies gedoen oor moontlik biologiese beheer van krompokkels deur swamme en biopredatore.

Translated by Marinda Louw