Desmond Tutu

© Eric Miller

Desmond Tutu is een van Suid-Afrika se mees geliefde ikone en as ’n 1984 Nobelpryswenner en menseregte-aktivis bekend. Hy het in die 1970’s en 1980’s bekendheid verwerf as die biskop van die Anglikaanse kerk wat teen die apartheidsregering gekant was. Hy het later die Aartsbiskop van Kaapstad geword en was die eerste swart Afrikaan wat vir die rol verkies is.

Met die term reënboognasie staan Tutu vas by sy toewyding tot die ideale van verdraagsaamheid en inklusiwiteit wat beide sy politieke en teologiese werk insluit. Sy belangstelling in mense en die strewe na ’n vreedsame wêreld het hom daartoe gelei om betrokke te raak by menseregtekwessies, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook die hele wêreld.

Translated by Ananda Schoeman

Aartsbiskop Desmond Tutu se Post-Apartheid Werk

Selfs nadat apartheid afgeskaf is, het aartsbiskop Desmond Tutu geweet dat sy werk nie verby is nie....more

Desmond Tutu en die Einde van Apartheid

FW de Klerk het in 1990 die ontbanning van politieke partye soos die ANC aangekondig en politieke gevangenes soos Nelson Mandela vrygelaat....more

Desmond Tutu: ’n Leier in die Wording

Desmond Tutu was onbetrokke by die politiek toe hy sy teologiese studie begin het en betrokke geraak het by die kerk....more

Desmond Tutu se Bydrae tot die Afskaffing van Apartheid

Tutu het in 1984 die Nobelprys vir Vrede gewen en was die tweede Suid-Afrikaner wat die toekenning ontvang het....more

Desmond Tutu: Lewe in ’n Oogopslag

Desmond Mpilo Tutu is op 7 Oktober 1931 in Klerksdorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika gebore....more

Desmond Tutu: Die Man Agter die Legende

Desmond Tutu is as ’n man met vele fasette en teenstrydighede beskryf....more

Desmond Tutu se Werk Buite Suid-Afrika

Desmond Tutu wou altyd ’n dokter word, maar hy kon nie befondsing vir mediese skool kry nie en het toe ’n loopbaan in onderwys gekies....more

Suid-Afrika in die 1980s deur Aartsbiskop Desmond Tutu

Op my inisiatief het sekere leiers van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke saam met ander ledekerke in 1980 mnr....more