Zulu Puberteit Seremonies

Oorgang Stadium van Kind na Volwassene

©Dr Peter Magubane

In die verlede was die Zulu se tradisionele lewe hoogs gestruktureerd en het dissipline elke faset daarvan onderstreep. Elke persoon het 'n plek en spesifieke funksie om te verrig na gelang van geslag, ouderdom en rang in die huise (Umuzi).

Onderskeid tussen lede van die Umuzi is versterk deur die feit dat elke individu deur 'n aantal spesifieke stadiums van voorbereiding moes gaan of seremonies waarsonder hulle nie na die volgende fase kon oorgaan nie. Die eerste fase in die oorgang van kinderjare na volwassenheid word gekenmerk deur die qhumbuza of gaaitjies in die ore druk seremonie, wat elke kind moes ondergaan voordat hulle puberteit bereik.

Die volgende fase in die lewe van die individu was fisiese volwassenheid of puberteit. In die vroegste tye was dit die geleentheid vir 'n belangrike inlywingseremonie (die thomba) wat toegepas was op seuns en meisies. Gedurende die inisiasieproses het seuns en meisies van dieselfde ouderdom in afsonderlike afskortings gegaan, waar hulle deur instrukteurs oor die vereistes en pligte van volwassenheid geleer is.

Daar is weggedoen met die tydperk van afsondering met die bekendstelling van die amabutho (-ouderdom gebaseerde regimente) stelsel in die laat 18de eeu. Na afloop van die manlike thomba seremonie is die jong seun 'n insizwa (jong man) genoem en was hy vry om meisies van sy ouderdom en in sy groep die hof te maak, maar hy was nie vry om te trou nie.

Twee verdere rituele moes uitgevoer moet word voordat dit moontlik was. Die eerste was sy inlywing in 'n regiment, of ibutho, wat soveel as 10 jaar van diens aan die koning kon insluit. Die tweede was die vaswerk van die isicoco of kop-ring, wat die bereiking van volle volwassenheid voorgestel het.

Die Riet-seremonie

©Dr Peter Magubane

Die Riet-seremonie, wat daarop gemik was om 'n gevoel van trots in jong vrouens te kweek, is 'n groot gebeurtenis wat deur meisies uit die hele streek van KwaZulu-Natal bygewoon word. Sedert 1994, toe die African National Congress (ANC) aan bewind gekom het, is pogings aangewend om hierdie seremonie te omskep in 'n multi-kulturele gebeurtenis, maar dit is nog nie heeltemal suksesvol nie.

Jong vroue het ook seremonies (umemulo) wat die volwasse wording van vroue aandui. By hierdie seremonies slag die vrou se familie 'n bees waaruit sy vet kry en soos 'n lap oor haar kop dra terwyl sy vir die uitgenooide gaste dans. Dit vet simboliseer die beskerming wat haar voorvaders haar sal gee wanneer sy haar huis verlaat om te trou en in 'n ander huishouding te gaan bly.

Translated by Wilma Koeppen