Wat is Menslike Vaardighede?

© Andile Bhala

Harde vaardighede in die landbou is pos-spesifiek. Jy moet gekwalifiseer wees om sekere take te verrig. Harde vaardighede word op die plaas verrig wanneer daar geboer word, soos om byvoorbeeld ‘n voertuig te bestuur, op ‘n rekenaar te werk, diere in te ent en oor die algemeen plaaswerk afgehandel te kry. Harde vaardighede is vaardighede wat jy leer terwyl jy die werk doen en die vaardighede waaroor jy praat in ‘n onderhoud vir plaaswerk.

Menslike vaardighede, aan die ander kant, is persoonlike hoedanighede en kommunikasievaardighede.

Volgens een van die mees suksesvolle besigheidsmense in die VK, James Caan, ‘Workers will be held back by their lack of soft skills’.

Hy sê dat die belangrikste vaardighede die vermoë is om te kommunikeer, spanwerk, besluitneming, tydsbestuur en ‘n begeerte om beheer te neem oor jou toekoms. Menslike vaardighede sluit ook in jou persoonlike dryfkrag en motivering, vermoë om jou tyd te bestuur en verantwoordelikheid te neem. In terme van kommunikasie is dit belangrik om korrekte spelling en punktuasie te gebruik in SMS’e en e-posse en die boodskap met jou naam af te eindig.

Hierdie menslike vaardighede maak die verskil tussen om die pos te kry of nie. Byna elke aansoeker vir ‘n pos mag geskik wees en die vereiste harde vaardighede hê, maar hoeveel sal die menslike vaardighede hê wat hom/haar beter as die res sal maak?

Jou menslike vaardighede is wat jou sal onderskei van die res en laat uitstaan. Dis nie net om op te staan en die werk te doen nie, maar ook om die mense wat saam met jou werk te motiveer.

Translated by Elna Van Rhyn