Vrugte Verwerking in Suid-Afrika

Vrugteboere kan waarde toevoeg tot hul vrugte deur 'n reeks van prosesse. Die vrugte kan gedroog, ingemaak, konfyt van gemaak, fyn gemaak, versuiker of versap word. Verwerking kan plaasvind op die plaas soos in die geval met die meeste gedroogde vrugte of in die nabyheid van die plaas soos in die geval met ingelegde vrugte.

Daar is 'n wanopvatting dat slegs vrugte wat nie geskik is vir die vars mark nie verwerk word. Terwyl die meeste laer graad vrugte op kan eindig in die maak van sap of fyn gemaak in vrugte rolle is die vrugte wat gebruik word vir die baba kos mark (puree) oor die algemeen van 'n uitstekende standaard. Gehaltestandaarde vir die inmaak en die droë mark is ook hoog in terme van vrugkwaliteit en groottes.

Hoewel dubbele rasse bestaan ​​en baie vrugte wat nie die paal haal in die vars mark nie verwerk word, is baie rasse veral ontwikkel vir spesifieke gebruike soos vir die inmaak of droogmaak daarvan.

Translated by Wilma Koeppen