Verbruikers van Bokvleis
‘n Franse studie ‘Situation, changes and future of the goat industry around the world’ (Oktober 2018) het bevind dat die meeste bokvleis direk deur die produsent of plaaslik verbruik word. Slegs ongeveer 0.5% bokvleis word amptelik internasionaal verhandel. Dit weerspieël ‘n soortgelyke situasie in Suid-Afrika.
Marknavorsing oor Bokvleis
Marknavorsing deur die Kalahari Kid Corporation het bevind dat die laerinkomstegroep-verbruiker gewoonlik nie kan beskostig om ‘n hele karkas aan te koop nie. Daar word voorgestel dat hierdie mark vergroot kan word deur die aanbod van goedkoper snitte soos nek en bors wat saam verpak word vir verkope aan die informele sektor. Daar is ‘n groot vraag na afval uit die tradisionele sektor, maar die aanbod is dikwels nie groot genoeg in die wintermaande nie.
Volgens die studie ‘A Profile of the South African Goat Market Value Chain’ (2017) het die Departement van Landbou, Baosbou en Visserye bevind dat die laer inkomstegroepe tradisioneel die grootste verbruikers van chevon in Suid-Afrika is. Vir hierdie verbruikers is bokvleis dikwels ‘n daaglikse bron van proteïen en dit word gesien as ‘n noodsaaklikheid vir huwelikseremonies en begrafnisse.
Bokvkeis Verbruikers
Bokvleis word baie verbruik deur Moslem en Hindu verbruikers. Indië her die grootste aantal bokke in die wêreld (35%) en 95% van alle bokke wat daar geslag word, word ook daar verbruik. Dus speel bokvleis ‘n baie groot rol in die dieet van Hinduklante.
In Suid-Afrika is bokvleis beskikbaar in Moslem, Portugese en Italiaanse slaghuise en dit is ook gewild onder die uitgewekene gemeenskappe uit Kenia, Ghana, Nigerië en Uganda en sommige huishoudngs in die Noordelike voorstede van Sandton, volgens die Kalahari Kid Corporation.
Oningeligtheid en negatiewe persepsies onder verbruikers oor die geur van bokvleis beperk die mark onder sekere bevolkings- en inkostegroepe.
Bokvleisverbruik in KwaZulu-Natal
Die KwaZulu-Natal provinsie is die grootste bokvleismark in Suid-Afrika. Bokke word gebruik deur Moslems in die viering van Eid; ook tydens Hindufeesvierings en in die uitgewekene gemeenskappe uit Bangladesh, Pakistan, Ethiopië, Somalië, Rwanda, Kongo, Kameroen en Nigerië. Maar die grootste verbruikers is die Zulu nasie. Bokke word gebruik in hul voorsaat-vereringspraktyke asook in hul juridiese en ekonomiese sisteem.
‘n Opname deur Hilton Sanders van Indigenous Veld Goats of South Africa (IVG-SA) het getoon dat daar in 2013 meer as 850 00 bokke geslag is in KwaZulu-Natal. (Statistieke saamgestel uit gesprekke met die Departement van Landbou, Huis van Tradisonele Leiers, kommersiële bokboere en handelaars word elke vyf jaar vrygestel, maar was nie vir 2018 beskikbaar nie).
Die 2013 syfers sluit 400 000 bokke in wat geslag is ter viering van geboortes; 214 000 vir begrafnisse en 42 000 vir tradisionele huwelike. Daar word verwag dat hierdie syfers sal verdubbel oor die volgende vyf jaar sodat meer as 1,7 miljoen bokke vir die KZN tradisionele mark sal benodig word in 2018 en daarna.
Bokke in KZN is meestal die suiwer Mbuzi (inheemse bok ekotipe) en Mbuzikruisings.
KZN kan nie voorsien aan die provinsie se vraag nie en lewendige bokke word ingevoer vanaf ander provinsies sowel as Namibië. In hierdie mark word bokke verkoop volgens hoogte, eerder as gewig; dus sal ‘n bok wat 22kg weeg en 50cm skouerhoogte staan ‘n hoër prys behaal as ‘n bok wat 25kg weeg en 45cm skouerhoogte staan. Bokke wat in KZN verkoop word behaal ook hoër pryse as op enige ander plek in Suid-Afrika.
Die meeste bokke word direk verkoop aan eindverbruikers (deur handelaars, by pensioenuitbetaalpunte of by taxi-staanplekke) en slegs 5% word op veilings verkoop.
Translated by Elna Van Rhyn