SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedTiemie Gewasbestuur

Tiemie Gewasbestuur

Opbrengs - ton per hektaar per jaar

©Louise Brodie
Konserwatief
Vars: 4 ton
Droog: 1 ton
Olie: 30 liter
Gemiddeld
Vars: 10 ton
Droog: 2 ton
Olie: 60 liter
Goed
Vars: 20+ ton
Droog: 4+ ton
Olie: 150+ liter

Oes

Tiemie word beide met die hand en meganies geoes, afhangende van die grootte van die onderneming. By kleiner produksie-eenhede en kweekhuise word dit met die hand gedoen.
Vars produksie: Begin vroeg in die oggend oes terwyl dit nog koel is. Die vars groeipunte kan so vroeg as 12 weke na uitplanting van die tiemie saailinge begin.
Droë produksie: Sodra daar genoeg blare is om te oes, kan takkies afgesny word vir droë tiemie produksie. Meeste van die vegetatiewe groei word geknip net voor die plant voluit begin blom, wanneer die sterkte van die olies die hoogste is. Die takkies word dan gedroog teen 32°C. Moenie lug warmer as 36°C gebruik nie, want dit sal veroorsaak dat die vlugtige olies die blare verlaat, en die smaak en geur daarmee heen is.
Essensiële olie produksie: Die beste essensiële olies word gemaak deur die origanumblare te oes en distilleer net voor die plante in volle bloei gaan en wanneer die olies in die plant op hul skerpste is. Volle produksie kan in die tweede jaar verwag word.

Storing

Vars produksie: Stoor vars tiemie nadat dit geoes is teen 4°C. Die tiemie kan vir ongeveer twee weke gestoor word. Die relatiewe humiditeit in die stoorarea moet bo 95% gehou word om ontwatering te voorkom. Vars kruie verloor hulle kulinêre geur vinnig, dus is dit die beste om vars gesnyde tiemie so gou as moontlik te bemark en te gebruik.
Droë produksie: Die gedroogte blare word so gou moontlik in lugdigte houers verpak om hul kleur en geur te behou. Stoor dit teen ongeveer 10°C. Die gedroogte tiemie kan ook gevries word in verseëlde verpakking.
Essensiële olie: Essensiële olies moet in 'n droë, donker en koel ruimte gestoor word vir 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Na hierdie tydperk begin die olies hul sterkte en geur verloor.

Plae

Aphids, Snout beetles, Spider mites, Snails en whiteflies.

Siektes

Alternaria, Botrytis, root rot en rust is algemene probleme.
Aromatiese kruie soos tiemie het gewoonlik minder plae en siektes, omdat die sterk reuk daarvan insekte afweer. Dit is egter die beste om 'n gewasbeskerming stelsel te volg, soos deur 'n voorligtingsbeampte of 'n landboukundige voorgeskryf. Die plaaslike chemiese verkoopsagente het gewoonlik die regte programme, of kan inligting verskaf oor die beste raadgewers in die omgewing.

Translated by Rentia Pretorius