SQLSTATE[HY000]: General error: 144 Table './aatc/tiger_page_view' is marked as crashed and last (automatic?) repair failedTafeldruiwe

Tafeldruiwe

© Louise Brodie

Tafel druiwe is druiwe wat geproduseer word om te eet as vrugte. Hulle is verskillend as druiwe wat geproduseer word vir die maak van druiwesap, wyn of rosyne. Die wingerdstok staan ​​bekend as Vitis vinifera en is inheems aan die Middellandse See-gebied. Die verbouing van die plaaslike druiwe het 'n antieke geskiedenis wat sowat 6 000 jaar gelede in die Midde-Ooste begin het.

Druiwe is 'n vrug wat bestaan ​​uit trosse bessies. Die druiwetrosse groei op wingerde wat blom in die vroeë lente en wie se klein bloeisels bestuif word deur beide die bye en deur windbestuiwing. Die druiwetrosse groei en ontwikkel tydens die lente en is gereed vir oes van vroeg tot laat somer. Wingerde is bladwisselend omdat hulle in die herfs hulle blare verloor en ontkiem weer met nuwe blare wat groei aan die einde van die winter.

Die druiwe groei op 'n wingerdstok en vir kommersiële tafeldruif produksie word wingerdstokke teen traliewerk opgerank. Dit word gedoen om die wingerdstok van die grond af op te lig en om voorsiening te maak dat die wingerdstok op die traliewerk versprei om produksie praktyke te fasiliteer. Sonder die ondersteuning van 'n traliewerk versprei wingerde oor die grond of klim soos rankplante op teen nabygeleë strukture. Druiwe word deur steggies gepropageer en as gevolg van die teenwoordigheid van siektes in die grond soos filloksera word die meeste wingerde ingeënt en bestaan dit ​​uit twee verskillende variëteite. Die verlangde verskeidenheid vir produksie groei bo die grond maar word op 'n siektebestande wortelstok van 'n wingerdstok geënt.

Tafeldruiwe het druiwe met pitte en pitlose variëteite. Vandag is pitlose variëteite die gewildste rasse. Druiwe wissel wyd in terme van kleur, korrelgrootte en vorm, asook smaak en geskiktheid om aan te pas by plaaslike groeitoestande. Die drie belangrikste druiwe kleur kategorieë is swart (pers tot swart druiwe), rooi (bloedrooi, rooi en pienk druiwe) en wit (geel-groen tot melkerige groen druiwe). Druiwe is nie-klimatiese vrugte wat beteken dat hulle nie verder ryp word nadat hulle ge-oes is nie.

Translated by Wilma Koeppen

Tafeldruif Produksie

Dit word gevolg deur die oes langs die laer Oranjerivier in die Noord-Kaap vanaf die einde van November en dan beweeg dit op in die Olifants...more