Stingrays
Pylstert

© Jean Tresfon

Algemene familienaam

Pylstert

Ander in die familie

Whiptail; Mangrove whipray; Marbled whipray; Honeycomb; Bluespotted; Bluespotted Ribbontail; Blotched

Wetenskaplike naam

Dasyatidae

Grootte

Tot 4m vlerkspan

Identifikasie

Vernoem na die angel op hul sterte. Plat, skyf-agtige liggaam met driehoekige vlerke. Kop nie onderskeibaar van die liggaam nie. Breër as wat dit lank is. Lang stert.

Algemene inligting

Die Dasyatidae familie bestaan uit 9 genera en 70 spesies. Bodemvis. Gevind in beide see- en varswater. Haal asem deur water in te ‘suig’ deur die klein gaatjie langs die oë en dit weer uit te blaas deur die kieue aan die onderkant. Sommige het plat, plaat-agtige tande terwyl ander geen tande het nie. Suig prooi in hulle monde in.

Voeding

Leef hoofsaaklik van weekdiere, skaaldiere en klein vissies. Grawe hulself in die sand om prooi te vang. Gebruik elektro-reseptore om prooi op te spoor.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Bloukol-lintstertrog - Taeniura lymma
Blotched stingray - Taeniura meyeni
Heuningkoekpylstert - Himantura uarnak