Geslag en ouderdom onderskeidings is al lank 'n belangrike merker van status in die Tswana samelewing. Die voormalige kan mens in baie maniere sien soos bv. die mans en vroue wat apart sit by sosiale byeenkomste; en bv die kgotla (raad-plek) wat net vir mans is. Seuns word in sommige gevalle nog steeds bo vroue verkies en 'n vrou wat net dogters baar is dikwels geminag.
Daar was 'n verdeling van arbeid met spesifieke take wat toegeken was aan mense van elke geslag. ʼn Tswana vrou is altyd die minste en onderhewig aan die gesag van manlike voogde soos haar pa, broer of moeder se oom (tot sy trou), haar man of sy pa of broer. Vrouens is uitgesluit van politieke vergaderings en godsdienstige seremonies.
Ouderdom was ook die basis van onderskeiding. Soos met ander Bantoe-sprekers moes die Tswana diegene ouer as hulself respekteer en gehoorsaam en hulle vader (RRA of Ntate) of moeder (Mme) noem en met die oortreding van hierdie reël was hulle gestraf. Respek vir die ouer mense was nie net gerig tot mense in jou familie nie maar tot die hele gemeenskap se ouer mense.
Kinders is gegroepeer deur fisiese ontwikkeling: geboorte tot 2 jaar (masea); 3-8 (Banyana); seuns (basemane) en meisies (Basetsana) van 9 tot 13 en van die ouderdom van 14 jaar tot 'n ouderdom-stelsel nl. magwane, majafela of maphatisi.
Seuns het tydens maphatisi spesiale kostuums gedra en liedere en danse uitgevoer by byeenkomste en het 'n groot vryheid veral in seksuele sake geniet. Gedurende hierdie tydperk het hulle baie tyd spandeer deur agter hulle pa se vee te kyk. Die meisies het gehelp deur water te gaan haal, die maal van mielies, voorbereiding van voedsel, vee van die huise en die versorging van jonger kinders.
Toekenning aan ʼn regiment (mophato) merk die oorgang na volwassenheid. ʼn Mophato bestaan uit mans of vroue van min of meer dieselfde ouderdom wat op dieselfde tyd geïnisieer word. Tradisioneel sou 'n regiment elke vier tot sewe jaar deur die hoofman geskep word, wanneer seuns of meisies van die ouderdomme van 6 jaar tot 20 jaar saam geïnisieer is.
Die mophato het altyd'n lid van die hoofman se familie ingesluit wat dan as die leier aanvaar is. Baie jare gelede het die skepping van 'n manlike regiment gepaard gegaan met uitgebreide inisiasieseremonies, bekend as bogwera.
Tydens die 1930's het die seremonies feitlik verdwyn, hoofsaaklik omdat Christelike sendelinge dit as immoreel gesien het en progressiewe hoofmanne oortuig het om dit te laat vaar en dit te verbied. ʼn Opvallende kenmerk van bogwera was die besnydenis en afsondering van die manlike lede van die nuwe regiment in 'n afgeleë gebied in die veld. Tydens hul afsondering was die geïnisieerdes onderwerp aan swaarkry, gegradeerde in rangorde en het hulle wette, tradisies en gebruike geleer.
Meisies is ook geïnisieer in 'n seremonie (bojale) wat by die huis gehou is. Dit sluit in dans, maskerades en een of ander vorm van operasie, gewoonlik in die vorm van 'n brandmerk op die binneboud. Vroulike inisiasie het ook ernstige strawwe en ander swaarkry ingesluit en formele onderrig in sake rakende huishoudelike en landbou lewe, seks en gedrag teenoor mans is gekry.
Elke mophato is tydens inisiasie 'n naam gegee deur die hoofman, wat gewoonlik 'n kontemporêre voorval soos ongewone reën of droogte weerspieël. Die mophato behou dan daardie naam. ʼn Persoon word nie as 'n volwassene oorweeg of toegelaat om te trou totdat hy of sy aan 'n mophato behoort nie. Lede van 'n regiment werk en in die geval van mans veg saam, maar hulle was ook intieme metgeselle wat gelykes was.
ʼn Gevoel van solidariteit en regiment trots het die lede gebind en 'n bepaalde teken van respek was om 'n man aan te spreek deur sy regiment naam eerder as sy eie naam. Lede van 'n regiment sal alle vorige regimente respekteer en op sy beurt kan hy verwag om met respek deur hul juniors behandel te word. Oortredings van dissipline in hierdie en ander sake wat verband hou met die regiment organisasie word hanteer en behandel deur 'n spesiale hof onder voorsitterskap van regiment leiers.
Ten spyte van pogings van Christelike sendelinge om vroeg in die 20ste eeu hierdie inisiasie te beëindig is daar vandag steeds ʼn groeiende herlewing onder die Tswana, soos onder ander stamme wat lank aanvaar het dat hulle hierdie leer nie mag bevraagteken nie.
Inisiasie het op twee manier 'n simbool geword nl. mense sien hulself as Tswanas deur deel te neem aan Tswana inisiasie rituele maar nog belangriker is dat daar 'n sterk gevoel,oor groot dele van die subkontinent is, dat om inisiasie rituele te ondergaan 'n merk is van jou Afrika-identiteit, en dat jong volwassenes wat nie die inisiasie rituele ondergaan nie, nie ware Afrikane is nie.
Die praktyke volg patrone soortgelyk aan dié van in die ou dae, maar altyd met nuwe funksies wat dit baie duidelik 'n kontemporêre verskynsel maak eerder as oorblyfsels van die ou dae.
Translated by Wilma Koeppen