Springbok

© Nigel J Dennis

Naam

Springbok [Antidorcas marsupialis]

Voorkoms

Springbokramme kan tot 50 kg weeg en die ooie slegs 37 kg. Die springbok se opvallende kleur maak dit maklik herkenbaar. Die skouers lyk laer as die agterlyf. Hulle het n kaneelkleurige bolyf, wit borskant en ’n breë donkerbruin streep aan albei flanke wat van die voorpote na die agterpote strek. Die kort wit stert is ’n bruinerige klos. Die kruis word gekenmerk deur ’n driehoekige wit deel, omraam met ’n donkerbruin streep met die eindpunt op die bokant van die agterlyf. Die ooie se horings is dunner en korter as die van die ramme.

Dieet

Springbokke is selektiewe eters en hulle dieet behels die beste voeding wat beskikbaar is. Hulle is tak -en blaarvreters in die droë seisoen en grasvreters na die reënseisoen wanneer die groen grasspruite uitkom. Hulle is lief vir blomme soos die Akasia en drink geredelik water, maar wanneer water skaars is, eet hulle vog-ryke knolle en wortels om water in te kry.

Voortplanting

Daar is gewoonlik ’n een tot twee weke bronstyd wanneer gepaar word, maar paring kan ook enige tyd van die jaar plaasvind. ’n Enkele lam word na ’n dratyd van 25 weke gebore. Die lammetjies word vir die eerste twee dae na geboorte weggesteek. Die meeste ooie paar een keer ’n jaar en party selfs twee keer. Die lammertjies word op vier maande oud gespeen en die ooie bereik seksuele volwassenheid op sewe maande oud.

Sosiale gedrag

Slegs die ramme kies vestigings gebiede vir parings geleenthede. Die uitsondering is die territoriale ramme, wat verkies om in hulle spesifieke gebiede te bly. Die trop samestelling is buigsaam.

Habitat

Die Springbok leef in ’n harde en onvoorspelbare omgewing. Kalkryke panne, droë rivier beddens en kort gras savannas word verkies. Hulle vermy gebiede met lang gras.

Verspreiding

Die Springbok kom algemeen voor in die boonste sentrale en westelike dele van Suid Afrika. Sommige troppe loop nog vry rond in hulle natuurlike habitat, maar die meeste is nou beperk tot parke en natuurreservate. Hulle is 'n algemene boksoort wat voorkom in die meeste van Suid Afrika se nasionale, provinsiale en private natuurreservate.

Veldnotas

Springbokke in hul honderde duisende het die droë streke van Suider Afrika bewei toe die eerste setlaars hier aangekom het, maar die troppe is vinnig uitgeroei en vandag word hulle net in beskermde gebiede en op wildsplase gevind. Die nasionale rugbyspan van Suid Afrika staan bekend as die Springbokke.