Snappers
Algemene familienaam
Snappers
Wetenskaplike naam
Lutjanidae
Grootte
Tot 1m, gemiddeld 30 cm.
Identifikasie
Liggame is ovaal en langwerpig, sywaarts afgeplat. Stertvinne is stomp of diep gevurk. Enkele rugvin. Kop is gewoonlik skerp in die rigting van die mond. Kleur varieer tussen heldergeel, wit, silwer en blou ggeband to rooierig-bruin of swart en wit.
Algemene Inligting
Die Lutjanidae familie bestaan uit 17 genera en 107 spesies. Groot skole oor riwwe. Jag meestal snags, vandaar die groot oë in die meeste spesies. Hulle het tande in die verhemelte om hul prooi mee fyn te druk. Pelagiese broeiers.
Voeding
Leef van skaaldiere en ander vis. Sommige spesies leef van plankton.
Verspreiding
Kom voor in allegematigde en tropiese oseane van die wêreld.
Algemene Spesies
Bluebanded snapper - Lutjanus kasmira
Emperor snappers - Lutjanus sebae
Humpback snapper - Lutjanus gibbus