Roosmaryn Gewasbestuur

Opbrengs - ton per hektaar per jaar

©Louise Brodie
Konserwatief
Vars: 12 ton
Droog: 2 ton
Olie: 10 to 20 liter
Gemiddeld
Vars: 22 ton
Droog: 6 ton
Olie: 25 to 50 liter
Goed
Vars: 30 ton+
Droog: 8 ton+
Olie: 80 liter+

Oes

Kommersiële roosmaryn word gewoonlik meganies geoes. By kleiner produksie-eenhede en kweekhuise word dit met die hand gedoen, maar dit kan gou duur raak.
Vars produksie: Die delikate nuwe groeipunte moet vroeg in die oggend, terwyl dit nog koel is, begin oes word. Die vars punte kan so vroeg as 12 weke na uitplanting van saailinge of gevestigde steggies begin.
Droë produksie: Sodra daar genoeg blare is om te oes, kan takke afgesny word vir droë roosmaryn produksie. Meeste van die vegetatiewe groei word geknip voor die plant begin blom. Die takke word dan met 'n lugdroeër teen 38°C gedroog.
Essensiële olie produksie: Die beste essensiële olies word gemaak deur net die blompunte van die roosmarynplant te distilleer. Hierdie olie word as 'n spesialiteit verkoop en verkry 'n beter prys. Nadat die plant ophou blom het, word die res van die lower vir distillering afgesny terwyl genoeg van die plant agerbly sodat dit kan hergenereer voor die winter en die daaropvolgende lente.

Storing

Vars produksie: Stoor vars roosmaryn nadat dit geoes is teen 5°C. Die roosmaryn kan vir ongeveer twee weke gestoor word. Die relatiewe humiditeit in die stoorarea moet bo 90% gehou word om te verhoed dat die blare vog verloor. Vars kruie verloor hulle kulinêre geur vinnig, dus is dit die beste om vars gesnyde roosmaryn so gou as moontlik te bemark en te gebruik.
Droë produksie: Die gedroogte blare word so gou moontlik in lugdigte houers verpak sodat die kleur en geur behoue bly. Stoor dit teen ongeveer 10°C.
Essensiële olie: Essensiële olies moet in 'n droë, donker en koel ruimte gestoor word vir 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Na hierdie tydperk begin die olies hul sterkte en geur verloor.

Plae

Mealybug, Scale, Spider mite, Thrips en White fly is algemene plae.

Siektes

Powdery mildew, Root rots
Roosmaryn het min plae en siektes, maar dit is die beste om 'n stelsel vir gewasbeskerming in plek te hê, soos aanbeveel deur 'n voorligtingsbeampte of 'n landboukundige. Die plaaslike chemiese verkoopsagente het gewoonlik die regte programme, of kan inligting verskaf oor die beste raadgewers in die omgewing.

Translated by Rentia Pretorius