Rainbow Skink
Bloustert-koppieskink

© Tyrone Ping

Naam

Bloustert-koppieskink (Trachylepis margaritifera)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Scincidae

Subspesies

Daar is 3 subspesies van die bloustert-koppieskink met ’n voormalige subspesie Mabuya quinquetaeniata margaritifera wat die status van volle spesie in 1998 gekry het. Trachylepis quinquetaeniata quinquetaeniata / Trachylepis quinquetaeniata langheldi / Trachylepis quinquetaeniata riggenbachi

Lengte

Beide geslagte: 85 – 110 mm.

Beskrywing

’n Groot, mooi gekleurde skink met ’n deurskynende ‘venster’ skub in elke onderste ooglid. Die relatiewe lang voorpote en agterste ledemate oorvleuel wanneer dit teen die liggaam gedruk word. Die kleur van die bloustert-koppieskink wissel en hang van die geslag en ouderdom af.

Verspreiding

Die bloustert-koppieskink word in KwaZulu-Natal, die Laeveld, Zimbabwe, Algerië en Senegal aangetref.

Voortplanting

Die wyfie lê 6 – 10 eiers in die somer en na 61 – 62 dae broei dit uit. Dit is moontlik dat daar twee broeisels per seisoen kan wees, veral in die noordelike gebiede.

Dieet

Die bloustert-koppieskink eet hoofsaaklik insekte.