Pride of de Kaap
Vlam-van-die-vlakte

© Roger de la Harpe

Naam

Vlam-van-die-vlakte

Latynse Naam

Bauhinia galpinii

Beskrywing

Die vlam-van-die-vlakte het kenmerkende tweelobbige of gevleuelde blare wat ’n wydte van 60 mm het. Die blomtyd is gewoonlik in Maart en April, maar plante kan reeds vanaf November blom. Die kleur van die blomme wissel gewoonlik van salm tot oranje en geel na wit. Die kroonblare is roeispaan vormig en het ’n lengte van 40 mm.

Habitat

Die vlam-van-die-vlakte kan in bosveldgebiede gevind word.

Vrugte

Die harde, houtagtige peul bevat ’n paar plat sade.

Veldnotas

Ten spyte van die naam wat aandui dat dit in die Kaap gevind word kom dit eintlik van die warmer gebiede in die land. Dit is na die De Kaap vallei naby Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga vernoem.
Die vlam-van-die-vlakte is wydverspreid in die bosveld gebiede van Suid Afrika en as gevolg van die plant se skoonheid en maklike aanplantings word dit regdeur die wêreld aangetref. Die Afrikaanse naam beteken letterlik vlam van die vlaktes.