Vogbestuur is die sleutel tot goeie pluimvee bestuur. Afval wat te droog en stowwerig is sal dehidrasie en respiratoriese probleme veroorsaak, terwyl afval wat te nat is, bakteriese en swamgroei sal bevorder en ’n oormaat amoniakproduksie veroorsaak.
Nat afval sal ook lei na hoër insidente van blase, velverbranding, kneusings en afgraderings. Om die meeste te maak van pluimvee afval moet vogvlakke tussen 20% en 25% gehou word. Wanneer ’n handvol in ’n balvorm ingedruk word, moet die afval liggies aanmekaar vasklou. Dit is te nat as dit soos ’n bal vasklou en dit is te droog as dit glad nie aanmekaar vassit nie.
Goeie afval bestuur begin met die gebruik van die regte beddegoed materiaal. Die materiaal moet korrek gestoor word voordat dit gebruik word, omdat dit moeilik sal wees om nat afval probleme op te los as die beddegoed reeds klam is voordat dit in die pluimveehuis geplaas word. Sommige boere sprei dit uit in die pluimvee huis ’n week voordat nuwe voëls aankom om seker te maak dit is droog.
Die materiaal moet gereeld gedraai word om dit droog en bros te hou. Die voëls sal hiermee help deur in die stof te bad en die materiaal te krap. Drinker-ontwerp en bestuur is krities wanneer dit by afval bestuur kom.
Boere moet die drinksisteem ondersoek en lekkasies regmaak nadat voëls verwyder was en voordat nuwe voëls weer in die produksiesisteem geplaas word. ’n Ogie moet op die sisteem gehou word, sodra produksie begin het om nuwe lekkasies reg te maak sodra hulle gesien word.
Die selfde geld vir vogtiggers en verdampingstoestelle, wat mag lei na natter afval probleme wanneer hulle foutiewelik is. Watervermorsing by die drinkers moet ook vermy word. Dit was gevind dat om die drinkers geleidelik te verhoog om drink te vergemaklik soos wat die voëls ouer word afval vog met tot 7% verminder. Drinkers moet ook teen die regte drukking gestel word en ordentlik skoongemaak word om lekkasies te verhoed en seker te maak dit funksioneer korrek.
Nipple drinkers was gevind om die minste water te mors, teenoor die bell drinkers. Voeding het ’n impak op afval vogvlakke, omdat sekere bestanddele soos sout, sodium bikarbonate, molasse, soja, amino sure en ru-proteïne, wanneer dit in oormaat gevoer word, voëls meer water laat drink en uitskei. Sommige van hierdie bestanddele kan ook tot diarree lei, wat nie net tot hoër vogvlakke sal lei nie, maar ook sal lei tot hoër nitrogeen vlakke. Hitte stres en sommige medisyne kan dieselfde effek hê.
Digtheid, die getal voëls wat aangehou word per vierkante meter, sal ook ’n direkte impak op die afval vogvlakke hê. Dit sal moeilik wees om die afval op die regte vogvlak te hou as die densiteit te hoog is.
Die volume beddegoed wat gebruik word sal dieselfde effek hê. Beddegoed wat te dun gestrooi is sal nie soveel vog kan absorbeer soos dikker beddegoed nie. Die volume materiaal wat gebruik word sal afhang van die produksie omgewing en die beddegoed materiaal wat gebruik word.
Omgewingskondisies, soos nat of humiede weersomstandighede, kondensasie of baie koue temperature kan ook nat afval veroorsaak as die pluimveehuis se ventilasie-sisteem nie reg is nie en hitte nie die vog genoeg uithaal nie. Kondensasieprobleme sal geëlimineer word deur die korrekte insulasie van die gebou en watertoevoeg sisteem. Ventilasie en verhitting kan versigtig hanteer word om die klimaatkondisies ideaal te hou.
Translated by Nina Joubert