Ornate Sandveld Lizard
Prag-sandveldakkedis
Naam
Prag-sandveldakkedis [Nucras ornata]
Bevolkingstatistiek
Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Familie: Lacertidae
Lengte_V: 70 – 85 mm
Lengte_M: 70 – 85 mm
Beskrywing
Die prag-sandveldakkedis is ‘n groot sandveldakkedis met ‘n gekolde kleurpatroon in volwassenes. Jonges is swartbruin op die rug met drie wit strepe in die lengte langs die rug af. Volwassenes is dorsaal bruin met onreëlmatige swart kolle. Twee dun wit strepe lê teen die rug af.
Verspreiding
Van die Lebomboberge in noord-Zululand deur Swaziland. Mpumalanga, noord-Gauteng en Zimbabwe tot in suid-Zambië, Malawi en die Rondo-plato in suidoos-Tanzanië.
Voortplanting
Van 5 -7 eiers word gelê in die midsomer.
Dieet
Die dieet sluit in groot insekte soos honderdpote en sprinkane.