Ontwikkelings in die Pedi Samelewing

© Dr Peter Magubane

Die Hartland van die Pedi

Na hul nederlaag aan die hande van die Britte, was die Pedi verban na amptelike aangewese reserwes. Die belangrikste hiervan was die Pedi-hartland, Sekhukhuneland. Saam met die aangrensende reservate, is Sekhukhuneland opgeneem in Lebowa in die 1960s, wat aangewys is as 'n tuisland vir die Noord-Sotho mense. Bevolkingstoename en grondagteruitgang in hierdie reserwe gebiede, het dit al hoe moeiliker gemaak om van verbouing alleen te lewe. Mans was verplig om die huis te verlaat en vir lone te werk.

Maar daar was nog steeds 'n ywerige verbintenis tot die handhawing van die land met die ploeg van die grond wat gedoen is tydens tydperke van verlof of toenemend deur professionele mans wat landbouers was. Die tipiese patroon vir Pedi mans was om vir kort tydperke op nabygeleë plase te werk en later werk op die myne of in huise te kry en daarna in die industrie. Die bestuur en uitvoering van alle ander landbou take is toevertrou aan hierdie mans se vroue.

Alhoewel die Pedi mans onderworpe was aan stygende kontroles in hul lewens as loon-arbeiders het hulle ​​alle direkte pogings om in te meng met die bewaring van hulle vee en landbou teengestaan.

Gesinne het voortgegaan om verbouing te beoefen en om vee aan te hou nie soseer om dit vir ʼn bestaan te gebruik nie, maar meer as 'n manier om hul langtermyn-verbintenis tot die landelike sosiale stelsel te wys ten einde sekuriteit te kry met hulle aftrede. Meer onlangs het vroue ook begin werk vir lone. Sommige vroue werk vir kort tydperke op plase voordat hulle trou. Ander vroue wat geskei of ongetroud is het sedert die 1960s as huiswerkers in die stede van Gauteng begin werk.

Hoofmanskap

Ten spyte van hul militêre nederlaag gedurende die 19de eeu het die Pedi voortgegaan om die Hoofmanskap hoog te ag. Veral in Sekhukhuneland waarin die voormalige setel van die oppergesag Mohlaletse geleë was het die Pedi daadwerklike pogings aangewend om die Hoofmanskap te herkonstruktueer.

Hierdie pogings was baie veeleisende tydens die 1950s toe die apartheidsregering gepoog het om hoofmanne as tussengangers te gebruik in hul Bantoe-owerhede reël stelsel. Die Pedi se weerstand teen Bantoe owerhede in 1958 het gelei tot die Sekhukhune opstand en die deportasie van Morwamobe, Sekhukhune se kleinseun en erfgenaam, meegebring en daardeur het die afstammeling migrante 'n sleutelrol gespeel in die uitvoering van politieke idees en organisasie strategieë tussen dorp en platteland, en 'n aantal ANC-takke is gedurende hierdie era gestig.

Hoewel 'n aantal Pedi hulself permanent in die dorpe van Gauteng gevestig het, het die meeste voortgegaan om 'n blywende verbintenis met Bopedi (die plek van die Pedi) in die platteland te hê. Hoofmanne en gewone mense het die aftakeling van die apartheidsregering se Lebowa en sy subsumering (gevolgtrekkings wat gemaak is) binne die nuwe Suid-Afrika en Noordelike Provinsie ervaar.

Translated by Wilma Koeppen