Nelson Mandela Kinderfonds 2007 Vieringe

© Eric Miller

Goedste Man in die Wêreld

Nelson Mandela se 89ste verjaarsdagvieringe het Dinsdag 24 Julie 2007 aangehou tot en met ’n ander partytjie by die Nelson Mandela Kinderfonds se kantore in Johannesburg, waar ’n stralende Mandela ’n groot verjaarsdagkoek sny, drukkies uitdeel en geskenke ontvang by sy jaarlikse kinderpartytjie. Graca Machel was aan sy sy. Die goeie wense was deur vele van die 300 kinders uitgespel, gereeld in eksotiese tale.

Een kind het hom die ‘die engel van die hemel’ genoem, vyf-jaar oue Robert het geskryf “Jy is die goedste man in die wêreld’, Franco, vier, het gesê dat Mandela die ‘baas van die hele land’ is, terwyl Olerato, vyf, het gesê dat ‘Jy is die beste man ooit’. Zolile Cele, elf, het Madiba ’n opvou-stoel gegee wat gemaak is deur medeleerders by die spesiale behoeftes Forest Town-skool in Johannesburg.

Vanuit sy rolstoel het hy gesê dat om vir Nelson Mandela te ontmoet ‘cool’ was; hy was ‘iets groots vir my’. "Wanneer mnr. Mandela kinders sien, smelt hy net. Hulle is baie naby aan sy hart," sê Tumi Mdwaba, woordvoerder van die Nelson Mandela Kinderfonds.

Translated by Nina Joubert

Rebranding Mandela

Mandela se gewildheid was legendaries en volgens 'n opname in Mei 2007 deur die Markinor-navorsingsmaatskappy het hy al hoe meer gewild gewo...more