Nara Plant

Naam

Nara Plant [Acanthosicyos horridus]

Inleiding

Acanthosicyos horrida vorm polle plantegroei in die duine van die Sussusvlei-gebied, naby Walvisbaai. Die Nara plant is ‘n tweehuisige, meerjarige kalbasplant wat ongeveer 1.5m hoog word. Dit enkelpolle van plante van een geslag wat mag raak aan plante van dieselfde of die teenoorgestelde geslag wat naby groei. Dit beskik oor wortels wat diep na water sal gaan soek.

Die Nara plant is heeltemal blaarloos en dra langwerpige, bolvormige vrugte wat tot 25cm gemiddeld in deursnee raak. Die plante is in staat om sandneerslae rondom hulleself op te bou en hou aan met groei om bokant die sandneerslae te bly. Nuwe plante vestig slegs wanneer dit reën en vorm vining wortels wat diep na die watertafel gaan soek.

Vrugte van die Nara plant

Vrugte is soms nie apart nie en kom dan voor in trosse waarin almal aan mekaar raak. Die vrugte is stekelrig. Rypwording vind plaastussen Februarie en April. Die vrugte verander nie van kleur nie en bly groen aan die buitekant, maar die vlesigheid wat die sade omring trek los van die skil, raak oranje, baie soet en uiters aromaties.

Veranderings in die vrugte weens rypwording word baie maklik deur die Topnaar mense Nama) wat in die omgewing woon, vasgestel sonder om die vrugte op enige manier te beskadig. Die vrugte word deur die Topnaar mense (Nama) benut vir twee hoofdoele.

Doel van die vrugte

Eerstens word die saad benut deur die pitjies te eet; dan word ‘n moes gemaak deur die vlesige gedeelte te kook en uit te gooi in die vorm van ‘n vrugterol. Die vrugterol word deur die jaar geëet en is aansienlik minder smaaklik as die moes.

Die plant is dus ‘n belangrike bron van voedsel weens die maklike berging van beide die sade en die gedroogde moes in die vorm van die vrugterol. Jong, onbekwame vrugte word deur jakkalse en knaagdiere geëet wat skynbaar nie gepla word deur die biter smaak van die vrugte weens die cucurbitacins nie.

Die sade

Die ryp vrugtemoes het ‘n aromatiese geur en waarskynlik gedeeltelik weens die aanwesigheid van swael komponente soos in sommige soorte Cucumis melo L., kan geen cucurbitacins in die moes geproe word nie. Die moes kan kommersieel gbruik word om roomys te maak en kan ook gevriesdroog en met sjokolade bedek word. Die sade word reeds aan ‘n Europese populasie in Wavisbaai verkoop, maar die mark kan uitgebrei word deur die sade óf heel, óf afgedop te verkoop in verpakkings wat ontwerp is vir neute.

Die seldsaamheid van die nala plant se sade behoort te sorg vir ‘n goeie prys en sodoende die ekonomiese voortbestaan van die Topnaar mense (Nama) in die omgewing aan te help. Roomys-vervaardiging en vriesdroog fasiliteite is binne 30km van die Topnaar mense (Nama) af. Vennootskappe met maatskappye wat daarin belangstel om die unieke, aromatiese moes te kommersialiseer, kan aangemoedig word om die ekonomiese bestaan van die inheemse mense verder te verbeter.

Nara spanspekke

Die stekelrige groen (en daarom fotosintetiserende) stamme van die nara plant het hulle toegelaat om heeltemal sonder blare klaar te kom. Dis ‘n voordeel in die lig van blare se geneigdheid om water te verloor. Naras is dalk nie ware woestynplante nie want hul wortels gaan etlike meters in die aarde in om die ondergrondse water te bereik wat hulle nodig het om voort te bestaan. Vanaf Februarie tot April en Augustus tot September oes die plaaslike Topnaar nara spanspekke hier.