Mapungubwe Kompleks

SA se Eerste Dorp

©David Fleminger
Teen 1250 NC was Mapungubwe op sy magtigste. Omtrent 5000 mense het om die koppie gelewe en daarom kan dit gekwalifiseer word as Suid-Afrika se eerste dorp.
’n Aantal ander nedersettings het ook ’n ent weg van die hoofstad ontstaan (die belangrikste was Mmamagwa in Botswana) en dit suggereer dat Mapungubwe ook een van Suid Afrika se eerste state was.
Pottebakkery oorblyfsels van die kenmerkende Mapungubwe kultuur is gevind in ’n area van 30 000 vierkante kilometers, omtrent dieselfde grootte van die ou Zulu koningryk en die hedendaagse Lesotho.
Die koning het as gevolg van al die addisionele verantwoordelikheid en ekstra administrasie om te hanteer, verder en verder in isolasie onttrek. Om 1250 was ’n reeks klipmure gebou op die bergpiek gebou om die koninklike familie verdere privaatheid te gee.
Deur homself van die populasie te verwyder het die koning ook homself van die dag-tot-dag lewe van die gemeenskap verwyder.
In ander kulture is die justisie tradisioneel die verantwoordelikheid van die hoofman, maar by Mapungubwe, was die howe aan die voet van die koppie geleë.
Die koning sou nie dood gevang word rondloop tussen die massas ongewaste mense nie, so ’n broer van die koning sou waarskynlik by die howe gebly het en na die justisie omgesien het namens die outoriteit wat hoog op die koppie gelewe het.

Koning van die Koppie

©Jacques Marais
Uitgrawings aan die bo-kant van die koppie is aan die gang seder die 1930’s en dit word op die oomblik geglo dat daar twee stadiums in die ontwikkeling van die koninklike afskorting was.
Die ‘Eerste Koning’ het op die noord westelike deel van die koppie gebly, waar ’n reeks huisvloere ontdek en geïdentifiseer is. Hierdie huise word erken aan die gate wat in die rotse ingesny was om die pale vir die hutte te ondersteun.
Daar is selfs ’n aantal sirkelvormige groewe in die boonste koppie wat gemaak was vir die hutte se mure.
Huffman beskryf die uitleg van die kompleks soos volg: Een ongewone struktuur het ’n wye stoep met twee vuurmaakplekke (genaamd “curbs”) aan beide kante van ’n stoel.
Die stoep het ’n klein kamer, met ’n vloer so hard en goed gemaak dat vroeë argeoloë dit ‘sement’ genoem het, omring. ’n Ander huis met die gebrande oorblyfsels van ’n uitgekerfde deur het aan die oorkant van die twee vuurmaakareas gestaan.
Huffman is oortuig dat as hierdie strukture die latere Zimbabwe patrone gevolg het, die hut met die deur die koning se eie slaapkamer was, terwyl die koning se spesiale waarsêer die klein hut met die buitenste vuurmaakplekke sou gebruik het.
Êrens naby aan die strukture sou ’n gehoorstruktuur wees waar die koning besoekers in ’n formele hoedanigheid sou ontvang het. Uiteindelik sou die koning se hoofboodskapper in ’n klein kantoor aan die voorkant gebly het waar hy besoekers eerste sou ontvang.

’n Koning se Ivoortoring

©Roger de la Harpe
Om en by 1250 was hierdie klein rangskikking nie meer gepas vir die “Tweede Koning’ nie en die dorp was na die middel van die koppie verskuif. Klipmure, voorlopers van die reuse strukture by Groot Zimbabwe, was gebou om sy paleis meer prominent te maak en om die rituele afsondering van die koning aan te dui.
Huffman is oortuig, gebaseer op die latere patrone van Groot Zimbabwe, dat die koning geïsoleer was deur ’n reeks tussenpersone; ’n senior boodskapper sou besoekers ontvang en hulle na die koning se waarsêer neem om te sien of hulle enige slegte intensies het.
As die besoekers deur die sekuriteit goed gekeur was, sou ’n ontmoeting met die koning toegelaat word. Hy sou waarskynlik aan die een kant van die koninklike binnehof, afgesonder en buite sig agter ’n muur of skerm gesit het.
’n Bykomende groep wagte (die oë van die koning), musikante en lofsangers sou miskien ook op die koppie gebly het – soos aangedui deur die oorblyfsels van Mancala bordspeletjies wat in die rots ingekerf is.
Uitgrawings het gewys dat een of twee voorkeure vroue waarskynlik in die agter area van die paleis gebly het, terwyl die ander vroue in ’n nedersetting aan die voet van die koppie sou bly. ’n Rituele area vir geestelike objekte en reëndanse sou waarskynlik die koning se ivoortoring voltooi het.

Vervaardiging en Handel

Behalwe vir die radikale nuwe uitleg het niks anders verander in die dae by K2 nie. Die mense het steeds gemende-gewasbestuur gepraktiseer (waarskynlik ondersteun deur die nedersettings nader aan die rivier), asook met vee geboer (daar is bewyse van mak beeste, skape, bokke en honde). Oorblyfsels van stoorhutte wys dat hulle manna, sorghum en katoen opgestapel het. Mapungubwe het egter uitgeblink in vervaardiging en handeldryf.

Translated by Nina Joubert