Mandela en die All-In National Action Council

© Eric Miller

Vorming van Umkhonto we Sizwe

Mandela en die All-In Nasional Action Council het besluit om demonstrasies teen die proklamasie van Suid-Afrika as ’n Republiek op 31 Mei 1961 te reël. Hulle wou ’n drie dae lange bly-by-die-huis staking reël op 29, 30 en 31 Mei 1961. Mandela moes ondergronds gaan om arrestasie te vermy. Mandela en Walter Sisulu het die land in die geheim getoer om die besonderhede van die staking te reël.

Mandela (wat op die tyd bekend gestaan as die swart pimpernel) was vir amper ’n jaar en ’n half ’n vlugteling. Na ’n groot polisie toelê op die stakers het Mandela op die tweede dag die staking stop gesit.

Gedurende hierdie tyd het hy en sommige van sy kollegas besluit dat geweld in Suid-Afrika onvermydelik was en dat Afrika-leiers nie hul nie-geweld beleid kon onderhou as die regering menseregte-eise met geweld en mag ontmoet het nie.

\Die besluit om MK (Umkhonto we Sizwe - die Spies van die Nasie) te vorm, was nie deur die ANC geneem nie, maar sekere mense in die ANC het besluit om dit te skep. Nelson Mandela was MK se eerste hoofkommandeer.

Die Gevangeniskap van Nelson Mandela

In 1962 het Mandela die grens in die geheim oorgesteek om ’n verrassingsvoorkoms te maak by die Pan-Afrika Vryheidsbewegingskonferensie in Addis Abeba. Hy het aan die konferensie verduidelik hoekom Umkhonto we Sizwe hul aanvanklike aanvalle moes maak. Op sy reis het hy guerrilla-opleiding in Algerië gekry en na Londen gereis waar hy met leiers van Britse opposisiepartye vergader het.

Toe Mandela teruggekeer het na Suid-Afrika, is hy op 5 Augustus naby Howick in Natal gevang. Mandela is in Pretoria se Ou Sinagoge verhoor en in November 1962 gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf vir aanhitsing en die land onwettig verlaat. Terwyl Mandela in die tronk was, het die polisie op die ondergrondse hoofkwartier van die ANC by die Liliesleaf-plaas in Rivonia toegeslaan.

Hulle het lede soos Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba, Ahmed Kathrada, Dennis Goldberg en Lionel Bernstein in hegtenis geneem. Die polisie het dokumente gevind wat verband hou met die vervaardiging van plofstof, Mandela se dagboek van sy Afrika-toer en afskrifte van 'n konsepmemorandum - 'Operation Mayibuye' - wat ’n moontlike strategie van guerrilla-stryd beskryf het.

Lewenslange Gevangeniskap

In Oktober 1963 is Mandela uit die tronk gevat om by die ander agt beskuldigdes aan te sluit by die verhoor waar hulle aangekla is vir sabotasie, sameswering om die regering omver te werp en 'n gewapende inval van Suid-Afrika deur buitelandse troepe te help. Mandela se verklaring aan die hoof was: "Ek is bereid om te sterf" wat wêreldwye publisiteit ontvang het.

Op 12 Junie 1964 is al die beskuldigdes gevonnis tot lewenslange tronkstraf. Die volgende aand is Nelson Mandela na Kaapstad gevlieg, onderweg na die Robbeneilandgevangenis waar hy tot April 1982 gehou is toe hy na die Pollsmoor-gevangenis naby Kaapstad oorgeplaas is.

'n Massiewe “Release Mandela-veldtog” is in 1982, in Suid-Afrika en in die buiteland, bekendgestel. Baie buitelandse lande het druk op die Suid-Afrikaanse regering geplaas om Mandela, wat destyds die wêreld se bekendste politieke gevangene was, vry te stel.

Translated by Nina Joubert

Mandela The Black Pimpernel by Benjamin Pogrund

Hulle het die land deursoek, maar Mandela het hulle bly ontwyk en bekend geword as die 'Swart Pimpernel', met verwysings na die beroemde Bar...more