Klipfish
Klipvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Klipvis

Wetenskaplike Naam

Clinidae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 15 cm.

Identifikasie

Langwerpige liggaam, word geleidelik dunner tot by die stert. Rugvin strek oor die lengte van die liggaam. Borsvinne is lank, en word gebruik om op te rus. Anale vin strek vanaf die borsvinne totby die stert. Geronde stert. Rooierig-bruin tot olyfgroen mat kamoefleerpatrone. Ligter aan die onderkant.

Algemene Inligting

Die Clinidae familie bestaan uit 20 genera en 73 spesies. Hulle het snor-agtige structure (cirri) op verskillende gedeeltes van hul koppe. Skubbe nie sigbaar nie. Word aangetref in areas wat ryk is aan seewier en seegras. Baie sku. Eiers word op seegras gedeponeer en die mannetjie pas hulle op totdat hulle uitbroei.

Voeding

Leef hoofsaaklik van weekdiere en klein skaaldiertjies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.