Kanola Produksie

© Jean Tresfon

Kanola peule word hoofsaaklik gebruik om Kanola-olie te maak of te meng met ander eetbare olies. Hierdie olie is goedgekeur deur die Hartstigting as gevolg van sy hoë persentasie van omega-3-vetsure, wat lae-digtheid lipoproteïen cholesterol vlakke laat daal. 

Kanola meel en oliekoek, wat ʼn neweprodukte is van olie verwerking, is goeie bronne van dierlike proteïen. Kanola graan bevat 36% tot 46% olie en 20% tot 24% proteïen, en die kanola oliekoek bevat sowat 35% proteïen. In ander lande word kanola gebruik om biobrandstof te produseer en as organiese bemesting.

Wisselbou Voordele

©Shem Compion

Kanola is 'n uitstekende wisselbougewas, met 'n paar produsente wat 'n 10% tot 50% toename al gerapporteer het in die opvolging van koringopbrengste. Hoekom? Kanola het 'n bio plaagbeheer (biofumigation in Engels) effek wat help in die stryd teen sekere koring siektes, soos vrotpootjie, wit oor, knopwortelaalwurm en Phytophera. Dit laat boere toe om grasdoders te gebruik, wat hulle instaat stel om die land van lastige grasonkruide skoon te maak voordat hulle weer koring aanplant. Behalwe dit help die diep, sterk penwortel van die Kanola plant om die grond los te maak.

Klimaats Vereistes

©Marinda Louw

Kanola word geproduseer in koel weer. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se 'Kanola Produksie Riglyn' bevestig dat 21 grade Celsius die optimale temperatuur is vir groei, en grondtemperature van 15 tot 20 grade Celsius die beste is vir die ontkieming. Temperature hoër as 30 grade Celsius kan nadelig wees vir bestuiwing. Dit sal die peul en saad ontwikkelingsfase verkort wat die kwaliteit van die opbrengs sal verswak.

Vir droëland produksie moet die streek ongeveer 300 mm reën tussen April en Oktober ontvang. Kanola is sensitief vir droogte tydens die blom en graanvulling stadium.

Grond Vereistes

©Chris Daly

Kanola kan geplant word in 'n wye verskeidenheid van grondtipes, maar floreer in klei-leem grond wat goed gedreineer is en nie vatbaar vir wind erosie is nie. Die grond moet verkieslik ook diep wees, aangesien kanola se penwortelstelsel lengtes tot 100 cm diep kan bereik. Die ideale grond pH balans is tussen 5.5 en 7 KCl. 

Translated by Wilma Koeppen