Individuele Ontwikkeling van die Pedi

Trou

©Dr Peter Magubane

Soos met ander Bantu-sprekende volkere, is 'n huwelik vir die Pedi (lenyalo) nie net 'n wettige verhouding tussen individue nie maar ook 'n wettige verhouding tussen die families, wat in belang van almal is. In wese behels dit die oordrag van betalings (magadi) van die bruidegom se familie aan die bruid se familie. In ruil daarvoor dra die bruid se familie die vrugbaarheids kapasiteit van die bruid in die openbaar oor na die plek van die bruidegom (bogadi) en slegs ná die geboorte van 'n kind is hul verbintenis tot die bruidegom en sy familie vervul.

Die huwelik was feitlik verpligtend in die tradisionele Pedi samelewing. Dit was 'n regsproses en het uit geen godsdienstige rituele bestaan nie. In teenstelling met die oorgangsrituele wat betrokke is in die inisiasieproses verander die huwelik nie die status van óf die bruid of bruidegom nie maar in plaas daarvan bevorder dit hul bestaande status as ten volle geïnisieerde volwassenes in die Pedi samelewing. Die nuwe status wat deur die huwelik verkry is, was 'n wettige een wat die magte, pligte en verpligtinge van 'n status wat reeds verkry is laat toeneem het.

Pedi se Eersgeborene

©Dr Peter Magubane

Die geboorte van die eerste Pedi kind was 'n baie belangrike gebeurtenis: dit het nie net 'n nuwe lid in die huis ingebring nie, maar die ma het die hoogste status moontlik bereik. Verder het dit die verpligtinge van die moeder aan die vader se familie afgesluit, terwyl dit die manlikheid van die vader bewys het asook die voorbestaan van sy bloedlyn.

Die afsondering van die moeder en die geboorte van die eerste kind het gewoonlik plaasgevind by die huis van die moeder se gesin. Na die geboorte keer beide die moeder en kind terug na die vader se huishouding waar 'n fees gehou word en die ma se familie 'n bydrae van vleis en bier lewer. Dit verwyder hul finale verpligtinge aan die pa se gesin om 'n kind te voorsien deur middel van een van hul lede waarvoor magadi, 'n sekere aantal beeste en vee of hul monetêre ekwivalent, betaal is.

Ter erkenning van die moeder se nuwe status bou die vader 'n aparte woning vir haar waar sy nou die reg het om in haar eie huis te heers. Met haar terugkeer met die baba word die ma en kind vir 'n tydperk in haar huis afgesonder. Hierna word 'n spesiale fees (Ngwana o Tswa ntlong) gehou om die aankoms van die kind in die vaderlike huis te vier. Tydens die fees word seremonies uitgevoer wat die inisiasie van die kind in die gesin en die ma in haar nuwe status afsluit.

Eienskappe van Inisiasies

©Dr Peter Magubane

In die tradisionele Pedi samelewing was geslags onderskeid 'n fundamentele kenmerk van inisiasie wat die essensiële verskille tussen die geslagte beklemtoon. Inisiasie het gelyktydig die beweeg na volwassenheid en die toegang tot burgerskap in die gemeenskap gekenmerk, sowel as in die geval van mans die reg om deel te neem aan die politieke en wetgewende funksies. 'n Belangrike voordeel van tradisionele inisiasies was om die Pedi se oorheersing te versterk oor die ander mense binne hul ryk of invloedsfeer.

Onderhoofmanne moes toestemming van die Pedi-opperhoof kry voordat hulle 'n nuwe inisiasie kon begin. Die reg om toestemming te verleen of te weier het die gesag van die Pedi-opperhoof versterk in die sin dat dit hom kontrole gee oor die reg om burgerskap, en politieke en wetgewende deelname.

In meer onlangse tye, met individuele hoofmanne wat vry is om inisiasies onafhanklik van sentrale beheer te lisensieer, is die seremonies 'n bron van groot rykdom vir hierdie leiers wat dikwels van die misbruik van die fondse wat hulle insamel beskuldig word. Inisiasie, bekend óf as Koma (vanaf ‘go Koma’, moet besny) of lebollo (vanaf ‘go Bolla’, om seer te maak), was een van die mees heilige instellings en belangrike hoekstene van die tradisionele Pedi kultuur.

Bywoning van die inisiasieskole was vir alle seuns en meisies van die toepaslike ouderdomme (wat wyd verskil) verpligtend, maar die twee geslagte is afsonderlik geïnisieer. Die seuns ondergaan twee sessies en die meisies een. Deur inisiasie bereik hulle volle volwassenheid en word hulle opgeneem in 'n afsonderlike groep. Inisiasie is steeds belangrik vir baie Pedi, maar het 'n bron geword - of dalk 'n weerspieëling - van sosiale verskille. 'n Groot breuk in die kontemporêre Pedi samelewing tussen baditshaba (tradisionaliste) en bakriste (Christene) is afgelei deels uit kontrasterende godsdienstige oortuigings, maar ook oor die bywoning van of nie-bywoning van inisiasies. Dit kan ook verskille van sosiale status en opvoeding weerspieël.

Hoewel baie van die Pedi inisiasies dieselfde gebly het, kan daar sekere veranderinge plaasgevind het sedert die besonderhede waarop die volgende weergawe gebaseer is versamel is. Dit is dus gelewer in die verlede tyd. Die eerste van die seuns se sessies (bodika) stel hulle bekend aan die volle lidmaatskap van die groep. Die tweede (bogwera) neem hulle in die samelewing van die mans op, volgens die klas en posisie in die samelewing waarin hulle gebore is.

Bogwera gee die man die reg om om die seremoniële vuur te sit en deel te neem aan politieke en wetgewende aktiwiteite. In teenstelling hiermee beteken die meisies se inisiasie (byale) dat hulle eenvoudig net geïnkorporeer word as ʼn lidmaat van die groep. Hulle is verbied om deel te neem in enige politieke en wetgewende aktiwiteite. Hulle is ook uitgesluit van die elite-status wat die manlike geslag bereik deur middel van hul tweede inisiasie sessie.

Translated by Wilma Koeppen