Hoe om ‘n Melkery te Begin
Die eerste aspek om ‘n nuwe melkery te begin, is om die regte melkbeesras vir die plaaslike omstandighede te maak. Is die klimaat warm of koud? Is daar voldoende goeie kwaliteit ruvoer beskikbaar, is daar behuising vir die koeie en is daar ‘n groot hoeveelheid dieresiektes in die omgewing?
Om die regte raskeuse te maak vir ‘n melkbeesboerdery is belangrik om gesonde diere met ‘n hoë melkproduksie te verseker wat goeie nageslag sal lewer met ‘n lang produktiewe leeftyd.
Hoe om ‘n Melkbeesras te Kies
Die ras om te gebruik vir kommersiële melkproduksie sal afhang van persoonlike voorkeure van die melkboer, omgewingsfaktore soos klimaatstoestande, beskikbare voere en die eindprodukte van melk. Byvoorbeeld gaan vars melk verkoop word of gaan kaas van die melk geproduseer word? Prosesseerdes van kaas verkies melk met ‘n hoë vastestofinhoud (vet en proteïene) wat gewoonlik deur Jerseykoeie geproduseer word. Die hoë melkvolumes wat deur Holsteinkoeie geproduseer word is meer geskik vir vars melk en jogurt.
Watter Melkbeesras om te Gebruik?
Die meeste melkkoeie kan vir huisgebruik gemelk word, maar vir kommersiële melkproduksie is daar in Suid-Afrika hoofsaaklik vier spesialis melkbeesrasse. Dit is:
Holsteins – afkomstig van die oorspronklike Hollandse Frieskoeie
Ayrshires – afkomstig van Skotland
Jerseys – afkomstig van die Jersey Eiland geleë tussen Engeland en Frankryk
Guernseys – afkomstig van die Guernsey Eiland geleë tussen Engeland en Frankryk
Kleiner melkbeesrasse is onder ander die Bruin-Switser en Korthoring-rasse. Sommige Europese dubbeldoelrasse, geteel uit die Simmentalerras, word ook in Suid-Afrika gemelk. Dit is onder andere die Fleckvieh, Montbéliarde and Abondance van Duitsland, Frankryk en Italië, onderskeidelik. Ander Europese rasse is die Normandé (van Frankryk) en die Scandinavian Red rasse soos die Swedish Red and Norwegian Red.
Inheemse Melkbeesrasse vs Ingevoerde Melkbeesrasse
In sommige lande word inheemse melkrasse, hoofsaaklik Zebu tipes, gebruik vir melkproduksie. Die melkproduksie van inheemse melkbeesrasse is laer as dié van spesialismelkbeesrasse hoewel hulle geneig is om langer te lewe, hoofsaaklik omdat hul reproduksievermoë beter is. Inheemse koeie is ook sterker en beter aangepas by plaaslike omgewingstoestande soos hittespanning en siektes. Ingevoerde melkbeesrasse benodig beter omgewingstoestande en moet skaduwee of behuising voorsien moet word terwyl hulle ook beter kwaliteit voere benodig.
Weens aanpassingsprobleme word die kruisteling tussen spesialis melkbeesrasse en ook met inheemse rasse, al hoe meer gewild. Byvoorbeeld, in Nieu Seeland is die sogenaamde Kiwi-koei ontwikkel in ‘n kruistelingsprogram waarin Holstein en Jersey bulle alternatiewelik gebruik is.
By
Dr Carel Muller