Hawkfish
Valkvis

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Valkvis

Wetenskaplike naam

Cirrhitidae

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 15 cm

Identifikasie

Langwerpige liggaam met kop en romp groter as die res van die liggaam. Borsvinstrale dikker as normaal. Valle op die punt van elke rugvinstraal. Kleurvol en varieer van wit en rooi tot oranje en bruin. Sommige het kolle en strepe oor die liggaam.

Algemene Inligting

Die Cirrhitidae familie bestaan uit 9 genera en 32 spesies. Word aangetref sittende op hul borsinne op riwwe, nes valke. Borsvinne is taamlik sterk en kan hulle in posisie hou in ruwe golwing. Wyfies kan in mannetjies verander as die dominante mannetjie doodgaan. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies, krappe, garnale en ander skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Freckled hawkfish - Paracirrhites forsteri
Longnose hawkfish - Oxycirrhites typus
Horseshoe hawkfish - Paracirrhites arcatus