Gegewe die probleme in die oumas se lewens, is dit slegs die kameraadskap en empatie van die ander oumas in GAPA (Grandmothers Against Poverty and Aids) wat hulle aan die gang hou. En die organisasie doen dit op ‘n merkwaardige wyse. Dit was baie vervullend om onderhoude met die oumas te voer.
Al die uitdagings wat hierdie vroue al trotseer het in ag genome, het hulle ‘n vlak van integriteit en durf wat bemoedigend en diep inspirerend is vir mense soos ek, wat beskik oor baie meer lewensmiddele. Hulle stories is oorweldigend positief. Hulle is kamees van lewenskragtigheid en sterkte van karakter.
Hulle het my inspireer oor wat dit beteken om ‘n menslike wese te wees. Terwyl ek sommige van hierdie uittreksels geskryf het, was ek verslae en moes ek eers stop en stilsit vir ‘n paar minute sodat ek die reuse impak kon inneem van wat die oumas gesê het.
Die GAPA oumas het my gewys dat swaarkry ons mag strem, maar as ons dit regkry om te kruip, hink, en uiteindelik weer voort te hardloop, watter ongelooflike prestasie elke tree is.