Godsdiens en Oortuigings van die Ndebele

© Dr Peter Magubane

ʼn Aktiewe Geestelike Wêreld

Soos met die meeste tradisionele groepe in Afrika, word die Ndebele lewe gekenmerk deur 'n aktiewe geestelike wêreld, wat 'n groot invloed uitoefen op selfs die kleinste sake in hulle daaglikse bestaan. Siekte en teenspoed, goeie gesondheid en geluk is al gesien as die gevolg van óf direkte ingryping van die geesteswêreld, of die manipulasies van gespreksgenote met daardie wêreld.

Laasgenoemde is die genesers wat vir die goeie werk, of hekse wat kwaad versprei. Die voorouers (abezimu), die belangrikste inwoners van die geesteswêreld, en is beide bekommerd en jaloers, wat deur konstante offerandes gepaai moet word. Versuiming om die voorskrifte van die wet en gebruike, soos gevra deur die voorvaders, te volg word beskou as die hoofoorsaak van slegte geluk.

Daar word ook geglo dat hulle die lewendes teen teenspoed beskerm deur berading in hulle drome, en deur krag tot medisinale preparate te verskaf wat gemaak is van kruie en ander konkoksies. Die voorvaders is dus die fondament waarop tradisionele genesing rus. Die krag van die stamvaders se geloof en aanbidding het die Ndebele toegerus met hul kulturele kontinuïteit, wat hulle in staat gestel het om 'n afsonderlike identiteit te midde van meer kragtige en dominante naburige stamme asook deur die verwoesting van die oorlog en hul diaspora te behou.

Translated by Wilma Koeppen