Geelwortel

© Louise Brodie

Wetenskaplike naam
Daucus carota L.

Plant Beskrywing

’n Geelwortel is ’n regop tweejarige plant met die wortel wat die eetbare deel is.

Gebruike

Gekook, rou of versap

Grondvereistes en Voorbereiding

Diep, los, goed gedreineerde, sanderige leemgrond. Berei grond tot op ’n diepte van 600 mm voor en die plant dit op riwwe (gooi grond weerskante van die plant om ’n rif te vorm). Die optimale pH is tussen 5.0 en 6.0. Toets en behandel vir aalwurms indien nodig. ’n Gewasrotasie program word aangeraai in areas waar geelwortels gereeld geplant word. Bemes voor planttyd deur die eerste toediening van kunsmis in die boonste 15 cm van die grond in te werk.

Klimaat

Geelwortels is ’n koelseisoen gewas, kan matige ryp weerstaan en is redelik aanpasbaar by temperature van 28°C en hoër. Langdurige blootstelling aan temperature onder 5°C of meer as 30°C is nadelig vir die ontwikkeling van die eetbare wortel. Die optimale groei temperatuur is 15°C – 20°C.

Kultivars

Nantes, Kaapse Mark, Danvers, Fancy, Chantenay, Ideal Red en Kuroda

Translated by Ananda Schoeman