Geelwortel: Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Dit is raadsaam om die gewasse in areas waar geelwortels geplant word af te wissel omdat dit die besmetting met plae en siektes kan beperk. Blaarslaai, pampoen en tamaties is goeie wisselgewasse. Roteer met peulgewasse soos ertjies en boontjies om die grond se voedingswaarde te verbeter.

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 20 ton
Gemiddeld: 30 ton
Goed: 40+ ton

Oes

Oes geelwortels 12 tot 14 weke na planttyd. Oestyd hang ook af van die kultivar wat geplant word en die temperature gedurende die groeiseisoen. Geelwortels kan met die hand of meganies geoes word. Die grond moet vogtig wees tydens oestyd. Om die rakleeftyd te verhoog oes geelwortels sodra dit volgroeid is (ongeveer 20 mm in deursnee). Bêre die geelwortels sodra dit geoes is in ’n skaduryke area.

Berging

Dit is raadsaam om geelwortels slegs soos benodig vir gebruik of verkope te oes. Om die rakleeftyd te verleng verwyder die blare voordat dit gebêre word. Vars volgroeide geelwortels sal tot vyf dae lank by kamertemperatuur (20°C) en vir 7 - 21 dae in ’n koelkamer of yskas vars bly.

Plae

Algemene plae is aalwurms, snywurms, bolwurms, wortelvlieg en die plusia-landmeter.

Siektes

Algemene siektes is laatroes (Alternaria dauci), bakteriese vlek en wit skimmel.

Translated by Ananda Schoeman