Frogfish
Monnikvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Hengelaarvis/Monnikvis

Alias

Seeduiwel

Wetenskaplike Naam

Antennariidae

Grootte

Tot 50 cm

Identifikasie

Pelagies sowel as seebodem (benties). Pelagiese spesies is meestal lateraal afgeplat terwyl die seebodemspesies dorsiventraal afgeplat is, met die mond oor die algemeen na bo gedraai. Kleur varieer van wit, geel en rooi tot donkerbruin en swart.

Algemene Inligting

Antennariidae bestaan uit 12 genera en 41 spesies. Hulle is vernoem na die manier waarop hulle jag. Hulle lok vis met ‘n vlesige uitgroeisel aan hulle koppe. Kake word geaktiveer sodra ‘n vis aan die uitgroeisel raak. Kan kake en maag so groot oopmaak dat ‘n prooi van dubbel hulle liggaamsgrootte ingesluk kan word. Nie ‘n aktiewe vis nie. Baie goed gekamoefleer. Eierblaaie of parasitiese mannetjie verenig met die wyfie en laat spermselle los binne haar.

Voeding

Lok prooi met tentakel op die kop. Kontak met die tentakel aktiveer outomaties die kake om oop te gaan.

Verspreiding

Diepsee tot die kontinentale rakke in alle oseane.

Gewone Spesies

Pienk hengelaar - Antennarius rosaceus
Clown hengelaar - Antennarius maculates
Groothengelaar - Antennarius commersonii