Flame Lily
Afrika Vlamlelie

© Graham Cooke

Naam

Afrika Vlamlelie/Geelvlamlelie

Latynse naam

Gloriosa superba

Beskrywing

Die Afrika Vlam Lelie is 'n klimmende kruid met blink blare en omgekrulde blaarpunte wat om die nabygeleë bosse krul, wat dit moontlik maak om ander plante as 'n ondersteuning te gebruik. Die plant groei van 'n ondergrondse knol, wat die droë seisoen kan oorleef.

Die kruipende stingels sterf egter nadat vrugte gedra is. Die blomme het vlam-agtige blomblare en uitgestrekte meeldrade. Die kroonblare krul agteruit om ronde hok-vormige blomme te vorm. Die kleure van die blomme wissel van geelgroen tot helderrooi met geel lyne. Die vlamlelie groei tot 'n hoogte van 1 m.

Habitat

Die vlamlelie sprei oor rotse of lae bosse en verkies savanne en ruigtes. Dit groei in die noordelike en oostelike gebiede van Suid-Afrika en in Zimbabwe en Oos-Afrika.

Veldnotas

Die vlamlelie is die nasionale blom van Zimbabwe en 'n diamant borsspeld in die vorm van 'n vlamlelie is in 1947 aan die kroonprinses [nou koningin] Elizabeth tydens haar besoek aan Rhodesië gegee.

Die vlamlelie word beskou as 'n gevaarlike indringer in 'n deel van Australië waar dit heeltemal ongekontroleerd versprei het. Die plant het giftige eienskappe en is verantwoordelik vir baie sterftes onder vee.