Dolphins
Dolfyn

© Roger de la Harpe

Gewone familien

Dolfyn

Ander in familie

Bottlneus, Gewone, Dusky, Boggelrug, Spinner, Spotted, Gestreepte

Wetenskaplike naam

Delphinidae

Grootte

Van 1,5m tot 6m

Identifikasie

Slank, vaartbelynde liggame. Die meeste het gekurfde rugvinne. Die voorkop bult oor die kenmerkende rostrum (bek). Sommige het opvallende kleurpatrone. Meestal grys, wit en swart. Blaasgat bo-op die kop.

Algemene inligting

Die Delphinidae familie bestaan uit 17 genera en 32 spesies. Soogdier. Weeg tussen 50 – 900 kg. Eggo-lokasie word gebruik om prooi op te spoor. Intelligentste van die mariene spesies. Vinnige, akrobatiese swemmers. Sterte is horisontaal in die water. Verbastering tussen spesies vind plaas. Leef in groepe in vlak water. Hulle werk soms saam om prooi soos sardyne te vang. Vivipaar. Babas word ten volle ontwikkel gebore.

Voeding

Meestal vis en inkvis

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene spesies

Boggelrug dolfyn
Sousa chinensis
Gewone dolfyn
Delphinus delphis
Bottelneusdolfyn
Tursiops truncates