Die San

© Shem Compion

Die San is die oudste inwoners van Suider-Afrika,  en het ten minste al vir 20 000 jaar hier gewoon. Die San het die aandag van antropoloë en die media gekry met hul oorlewing en jag vaardighede, rykdom in en inheemse kennis van die fauna en flora van Suider-Afrika en hul ryk kulturele tradisies.

ʼn Geloof wat vir baie jare algemeen was, was dat die San in die Kalahari-woestyn van Botswana en Namibië se afstammelinge was van voortvlugtige mense wat uit beter waterryke dele van Suider-Afrika gedryf is. Inteendeel het argeologiese bewyse getoon dat die Kalahari vir millennia  beset is deur jagter-versamelaars.

Hierdie mense is uitvoerig bestudeer deur antropoloë en argeoloë op soek na ooreenkomste tussen die moderne jagter-versamelaars en hul voorouers. Die San is egter nie lewende fossiele nie en soos enige ander mense verander hulle soos hulle omstandighede verander. Kalahari jagter-versamelaars behou vandag baie aspekte van die antieke lewenstyl, maar is nie geïsoleerd van die moderne wêreld en die geld ekonomie nie.

Godsdiens en Oortuigings van die San

Daar is 'n groot verskeidenheid van oortuigings onder en selfs binne verskillende San-groepe maar hulle het ook baie in gemeen selfs in gebi...more

San Rots Skilderye

Die skouspelagtige skilderye wat die voorouers van die San op die rotse en die mure van die grotte en skuilingings gelos het  is waarskynli...more

San se Leefwyse

Op verskillende tye en plekke, het San-sprekers op verskeie maniere geleef; die Kalahari San is nie noodwendig tipies van alle San nie en se...more

Die San-mense van Suid-Afrika

Die voorouers van San-sprekers was waarskynlik die vroegste inwoners van Suider-Afrika, wat honderde duisende jare op argeologiese terreine ...more