Die San-mense van Suid-Afrika

© Karl Svendsen

Voorouers van die San

Die voorouers van San-sprekers was waarskynlik die vroegste inwoners van Suider-Afrika, wat honderde duisende jare op argeologiese terreine terug gedateer kan word. Terreine van die laaste 10,000 jaar van die Latere Steentydperk bevat artefakte en bewyse van praktyke en weë van die lewe wat verwys na historiese en 20ste-eeuse San.

Of hierdie voorouers ook as San  bekend was is onbekend omdat die San woord mense beskryf wat die ‘kliek’ taal, binne die Khoisan taalgroep, praat en argeologiese terreine nie openbaar watter tale gepraat is nie.

Die voorouers van die San het hoofsaaklik geleef van die insameling van plante, jag van groter diere en kleiner wild. Aan die kus het mense staatgemaak op kos uit die see (vis, skulpvis en seediere). Hulle het geen permanente nedersettings gehad nie en het oor die landskap gereis volgens hul behoeftes.

Omtrent 2000 jaar gelede het die  Khoekhoe mense (herders wat rondgeskuif het met hul skape en beeste) en Ystertydperk boere (wat vee gehad het en gewasse verbou het en dus noodsaaklike permanente nedersettings nodig gehad het) suidwaarts migreer na Suid-Afrika.

Die Khoekoe

Van die Khoekhoe aan wie die San geneties en taalkundig gekoppel was het die San voorouers die kuns van die maak van pottebakkery verkry. Hoewel hulle nie die tegnologie vir die maak van metaal wat deur die Ystertydperk boere gebruik is aangeneem het nie wys metaal artefakte in Later Steentydperk argeologiese opgrawings terreine dat daar ook kontak tussen jagter-versamelaars en boere was.

Dit blyk dat hierdie mense met verskillende ekonomieë mede-bestaan het  ​​alhoewel in druk koloniale tye is konflikte tussen hulle aangeteken (byvoorbeeld, in die Drakensberg, waar die San kenners geword het van die steel van beeste en perde van beide swart boere en koloniste).

Die ondergang van die suidelike San as 'n afsonderlike kulturele en ekonomiese groep is dalk te danke aan die afgelope paar honderd jaar en die impak van kolonialisme uit die 17de eeu. Mense wat die San-taal gepraat het is as slawe gebruik en in sommige gevalle in groot massas uitgeroei.

Baie ander het arbeiders in en rondom koloniale nedersettings en plase geword, wat gelei het tot die vernietiging van die tradisionele identiteit van die suidelike San aan die begin van hierdie eeu.

Oorlewing

©Shem Compion

Dikwels gemarginaliseer selfs vandag nog, het die San baie strategieë vir ekonomiese, kulturele en politieke oorlewing aangeneem.  Hulle hou byvoorbeeld,diere soos bokke, donkies en beeste aan en het ook aspekte van 'n herders leefwyse aangeneem. Die volharding van die San is ongetwyfeld te danke aan hul ryk en jarelange kulturele tradisies wat vir hulle gehelp het om 'n nis uit te kerf in die dorre Kalahari met sy minimale reënval en uiterstes van temperature.

Translated by Wilma Koeppen